Arniston Akkommodasie by Pirate's Landing | LekkeSlaap
+40
+40

Pirate's Landing

Selfsorg
  • Vanaf R7 431 per nag (plek vir 10)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Laan 14, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Pirate's Landing is op die strandfront in Arniston en bied slaapplek aan 10 gaste.

Dié dubbelverdiepinghuis het 'n 180°-uitsig oor die see en bied gerieflike toegang tot die strand. Daar is 4 en suite-slaapkamers. In die hoofhuis is daar 3 slaapkamers op die onderste verdieping en 1 slaapkamer op die boonste verdieping. Die boonste kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n pragtige see-uitsig. Een van die kamers onder het 'n koninggrootte-bed en die ander een het 2 enkelbeddens. Die derde kamer het 2 stapelbeddens met slaapplek vir 4. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die groot oopplan-kombuis het 'n ingeboude vuurmaakplek, stoof en oond, mikrogolf, yskas en koffie- en teemaakgeriewe en 'n Nespresso-masjien. Gaste moet asb. hul eie kapsules saambring. Mineraalwater is beskikbaar, met en sonder gas. Die opwasarea het 'n wasmasjien. Daar is 'n etenstafel en 2 sitkamers waarvan 1 'n kaggel het. DStv en WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n stoep met 'n see-uitsig en daar is 'n klein swembad in die beskutte binnehof. Verder is daar braaigeriewe en 'n braaiput met 'n uitsig oor die see. Pirate's Landing het 'n alarmstelsel met gewapende reaksie en die huis word daagliks skoongemaak. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Let daarop dat sekere dele van die huis slegs met trappe bereik kan word.

Arniston het lieflike strande en talle restaurante. Doendinge in die omtrek sluit bergfietsry, voetslaan, visvang, walviskyk en skeepswrakduik in. Gaste kan ook die spa by Arniston Hotel besoek of na die Waenhuiskrans-grot stap.

Slaapplek

’n Bespreking by Pirate's Landing sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Stapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • 5de Laan 14, Arniston, 7280, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 431
per nag (plek vir 10)
Vanaf R7 431
per nag (plek vir 10)
Vanaf R7 431
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Laan 14, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANsdF6jnlxC2CnsckhZixf7mwF1x4cgMJYS9b8IPvdHis2hJqM2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R7 431  per nag (plek vir 10) 14 5th Avenue Arniston 7280 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.66875958424 20.233297093254
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za