Pollok Beach Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pollok Beach Guest Lodge bied B&B- of basiese selfsorgverblyf en is in Summerstrand in Port Elizabeth geleë. Dié gastehuis is ideaal vir gaste wat op soek na 'n gerieflike oornagplek naby die strand en verskeie besienswaardighede.

Pollok Beach Guest Lodge het 7 unieke woonstelle wat smaakvol versier is. Hierdie woonstelle bied slaapplek vir 2 tot 6 gaste en het 1 of 2 aparte slaapkamers. Elke woonstel het 'n privaat ingang, 'n oopplan-sitkamer en 'n kombuis wat toegerus is sodat gaste maaltye kan voorberei.

Ander geriewe in elke eenheid sluit gratis WiFi, sekere DStv-kanale, waaiers, verwarmers, 'n kluis vir waardevolle items en beddegoed en handdoeke in. Gratis koffie- en teemaakgeriewe is op versoek beskikbaar.

'n Engelse ontbyt of Kontinentale ontbyt, middagete-pakkies of aandete kan slegs buite seisoen teen 'n ekstra koste voorsien word. Maaltye kan in die kamer of in die grasdak-eetarea voorgesit word. Die eetarea kan ook vir sakevergaderings, funksies en ander sosiale geleenthede gebruik word. Die konferensiekamer het plek vir 22 tot 30 afgevaardigdes en is onderhewing aan hoe die sitplekke rangskik word. Daar is ook 'n gemeenskaplike braai-area en 'n swembad.

Veilige parkeerplek is beskikbaar agter afstandbeheerhekke.

Pollok Beach Guest Lodge is ideaal geleë en is net 5 tot 10 minute se stap van Hobie- Kings- en Humewood-strand, winkels, restaurante en ander besienswaardighede af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pollok Beach Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za