President 21
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Presidentstraat 21, Bloemhof, 2660, Noordwes
- Vanaf R3 340 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
President 21 is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in Bloemhof, 'n dorpie op die oewer van die Vaalrivier.
Die huis bied slaapplek aan 12 gaste, maar is ook vir groepe van selfs net 2 gaste beskikbaar. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n ekstra enkelbed. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens waarvan 2 in 'n koningingrootte-bed omskep kan word. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n ekstra enkelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien.
In die gemeenskaplike area is daar 3 enkelbeddens vir nog gaste om groter groepe te akkommodeer. 'n Aparte gastetoilet is beskikbaar.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n etenstafel. Ander geriewe sluit komplimentêre tee en koffie en gratis, onbeperkte WiFi in.
Op die stoep is daar 'n braai en 'n uitsig oor die natuurskoon. Daar is oorgenoeg parkeerplek op die perseel vir voertuie en sleepwaens. Daar is ook 'n watertenk met 'n drukpomp en 'n kragopwekker vir gebruik tydens kragonderbrekings.
Aktiwiteite in die omgewing sluit visvang in die bekende Vaalrivier in wat die grootste sytak van die Oranjerivier in Suid-Afrika is.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Fiena Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 8 maande
Ligging
- Presidentstraat 21, Bloemhof, 2660, Noordwes
- Gaste dink President 21 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Presidentstraat 21, Bloemhof, 2660, Noordwes