Rustenburg Akkommodasie by President Paul Kruger Guest Lodge | LekkeSlaap
+67

President Paul Kruger Guest Lodge

B&B
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkloof plaas 16, Langs die R24, , 0299, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

President Paul Kruger Guest Lodge is op 'n kleinhoewe slegs 7 km vanaf Rustenburg, en vorm deel van die plaas Waterkloof, waar President Paul Kruger gebly het in 1841.

Dié gastehuis is in 'n pragtige tuin en bied gaste 'n verskeidenheid van kamer-opsies met slaapplek vir 1 tot 4 gaste. Elke kamer het 'n privaat ingang en lei na 'n stoep wat oor die tuine uitkyk.

Die kamers is toegerus met 'n dubbelbed en enkelbeddens, en elke kamer het 'n privaat badkamer met 'n stort. Van die kamers het ook baddens. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring. Elke kamer is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n TV. Rook is in die kamers verbode.

Ontbyt word in die Ossewa Restaurant bedien wat op die perseel geleë is. Ander maaltye kan vooruit bespreek word. Paul Kruger Guest Lodge bied ook ander geriewe vir funksies vir tot en met 30 gaste.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Parkeerplek is beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Meer as 125 voëlspesies is al in die tuin geïdentifiseer en die tuin beskik oor bome wat meer as 'n 100 jaar oud is. Verskeie "geocaches" kan ook in die tuin gevind word. President Paul Kruger Guest Lodge is 5 km vanaf Waterfall Mall en die N4.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Waterkloof plaas 16, Langs die R24, , 0299, Noordwes
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Rustenburg Noordwes
Vanaf R1 250
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 250
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkloof plaas 16, Langs die R24, , 0299, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkAiMioNr5XnRj01FxtI6KtgLU3wCV62ibMbVsFsqiCIZwUmL3S?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (vir 2 persone) Farm Waterkloof 16 Off the R24 0299 Noordwes 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.743513972058 27.269654634393
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za