Proff Woning

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Proff Woning is in die vissersdorpie Oesterbaai in die Oos-Kaap geleë en bied ontspanne verblyf sodat jy weer jou batterye kan herlaai. Dié huis is perfek vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n rustige vakansie op 'n afgeleë plek. Die dorpie het net 1 winkel met die allernodigste en 1 gesinsrestaurant met 'n speelarea.

Proff Woning het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer wat 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak het.

Dié oopplan-huis het 'n volledig toegeruste kombuis en 'n waskamer. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV.

Die ruim dek, wat gedeeltelik beskut is, bied pragtige see-uitsigte, 'n Weber-braai en patio-meubels. Daar is 2 slaapkamers wat toegang tot die dek bied. Die eiendom is omhein en gaste kan strand toe stap.

Daar is 'n 25 km lange grondpad wat vanaf Humansdorp na Oesterbaai lei. Gaste moet asseblief navraag doen oor die toestand van dié pad voordat hulle bespreek. Proff Woning is sowat 38 km vanaf Jeffreysbaai.

Slaapplek

'n Bespreking by Proff Woning sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Proff Woning gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za