Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rainbow Guest House & Tours

Gastehuis
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lilacstraat 28, Strelitzia Park, Uitenhage, 6229, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rainbow Guest House & Tours is in Strelizia in die hartjie van Uitenhage geleë. Die gastehuis het 8 slaapkamers waarin gaste kan ontspan, hul batterye kan herlaai en 'n rustige nagrus kan geniet. Ons het ook 'n tweeslaapkamer-eenheid wat geskik is vir 'n gesin.

Die tweeslaapkamerwoonstel is toegerus met 'n TV, DStv, volledige badkamer met bad en stort, yskassie, eetgerei, breekware, mikrogolf, ketel en koffie- en teemaakgeriewe.

Die 7 standaard gastekamers is elkeen toegerus met 'n TV, dekodeerder, verwarmer, lugversorging en koffie- en teemaakgeriewe.

Ontbyt word bedien en middag- en aandetes is ook beskikbaar op versoek. Ons is trots Suid-Afrikaans en jou gasvrou, Mev. Nonzwanga Thisani, 'n prominente figuur in die plaaslike gemeenskap as gevolg van haar optredes as gasspreker en seremoniemeester by sosiale- en sakefunksies, heet jou hartlik welkom. Rainbow Guest House & Tours bied puik gasvryheid, rustigheid, goeie waarde vir geld, vriendelike personeel en uitstekende diens.

Gaste is welkom om gebruik te maak van die gemeenskaplike braaiplek (tuinstoele is beskikbaar) en veilige parkeerplek word voorsien. Ons bied ook selfsorgfasiliteite vir vergaderings en funksies van verskillende groottes teen bekostigbare tariewe.

Ons is naby die gholfbaan, Pick 'n Pay-winkelsentrum en Strelitziadam. Ons is ook net 30 minute se ry van die Nelson Mandela-baai se Blouvlagstrande af, 7 minute vanaf Springs Resort en sowat 45 van die Addo-olifantpark af.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 5 resensies vir Rainbow Guest House & Tours
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Nonzwanga Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Jaar gelys 9

Ligging

  • Lilacstraat 28, Strelitzia Park, Uitenhage, 6229, Oos-Kaap
  • Gaste dink Rainbow Guest House & Tours het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lilacstraat 28, Strelitzia Park, Uitenhage, 6229, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA1NzZiMDAwLWJhNmQtNDEyNC05ZmQ4LTQ1NGFkZjNiOThkNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 28 Lilac Road Strelitzia Park 6229 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.750666 25.427182
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem