Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rhenosterpoort Plaas

  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 21 van Rhenosterpoort Plaas, Rhenosterpoort KR402, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rhenosterpoort Plaas is in Modimolle geleë en bied gehalte-verblyf vir natuurliefhebbers en vir dié wat na ’n rustige wegbreek uit die stad verlang.

Rhenosterpoort Gasteplaas bied verskeie verblyfsopsies vir groepe van alle groottes. Daar is 3 eenhede wat elkeen vir selfsorg toegerus is.

Die Comfy-Lee Kothuis is 'n groter eenheid met slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede kamer het 2 driekwartbeddens, die derde kamer het ook 2 driekwartbeddens en die laaste kamer beskik oor ’n dubbelbed. Daar is 1 badkamer asook ’n buitestort met warm water en ’n aparte buite-toilet.

Die kombuis is toegerus met ’n stoof, oond, mikrogolf en dubbeldeur-yskas. Daar is ’n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser.

Die eenheid is troeteldiervriendelik en volledig omhein. Daar is ook ’n groot plaas stoep, privaat swembad, boma braai-area en draagbare braai. Die groot tuin het lekker grasperk en skadu bome.

Die View-kothuis is 'n eenheid met slaapplek vir 6 mense met 2 privaat slaapkamers. Die eenheid is in die berge geleë met ’n asemrowende uitsig op die Waterberge. Die 2 slaapkamers het elk ’n koniningrootte-bed en die derde slaaparea/sitkamer het 2 driekwartbeddens. Daar is ’n badkamer met ’n stort, toilet en wasbak, asook ’n buitestort met warm water. Die boma braai-area is 'n heerlike kuier area wat uitkyk oor die pragtige natuurskoon.

Dié eko-vriendelike huis het ’n gasstoof, gasgeiser en gasyskas. Daar is LED, sonkragligte binne en buite.

Die sitarea het ’n binnebraai en kaggel en daar is ’n lekker boma braai-area buite asook ’n plonspoel.

Die Stone-kothuis is 'n kleiner eenheid wat volledig toegerus is. Dit is oopplan met hoë plafonne en ’n koninggrootte-hemelbed vir 2 gaste. Die eenheid is knus in die bos geleë met 'n uitkyk oor die berge. Die stoep het 'n ingeboude braai. Die badkamer het toilet, wasbak en oop stort. Dis ideaal vir ’n paartjie wat gerieflik wil rus in die privaatheid van die bosveld.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 31 resensies vir Rhenosterpoort Plaas
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Shirley Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Jaar gelys 7

Ligging

  • Erf 21 van Rhenosterpoort Plaas, Rhenosterpoort KR402, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Gaste dink Rhenosterpoort Plaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 21 van Rhenosterpoort Plaas, Rhenosterpoort KR402, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAuYxyGpwP4oMzwlWwg1s2bUEO3yWNZi937YalR2INlIGA7S3d1I?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 31 5 1 5 Portion 21 of Rhenosterpoort Farm Rhenosterpoort KR402 0510 Limpopo 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -24.647092821891 28.188676992943
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem