Rhodes Cottages - Sam’s Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rhodes Cottages - Sam's Cottage is 'n selfsorghuis in die bekoorlike dorpie Rhodes in die Suidelike Drakensberge. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na basiese verblyf weg van die gedruis van die stad af.

Die huis is volledig gemeubileer en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer in die hoofhuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is goed toegerus met al die nodige toebehore om maaltye voor te berei insluitend 'n yskas, mikrogolfoond, gasstoof en koolstoof vir die winter.

Daar is gemaklike rottangmeubels in die leefarea en 'n stoepie met meubels waar gaste kan ontspan. Die perseel het ook 'n spaarkamer aan die agterkant van die hoofhuis wat ingerig is met 2 enkelbeddens. Parkeerplek is buite die eiendom op 'n grasrand beskikbaar. Sam's Cottage is net 'n entjie se stap van die bekende Bellrivier af waar gaste kan tjoepry, of vissermanne kunsvlieghengel kan beoefen.

Die dorpie kry sneeu in die winter.

Slaapplek

'n Bespreking by Rhodes Cottages - Sam’s Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rhodes Cottages - Sam’s Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 875 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za