Rhodes Cottages- The Bothy

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rhodes Cottages - The Bothy is 'n selfsorgkothuis in die klein, bekoorlike dorpie Rhodes in die Suidelike Drakensberge-omgewing. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gesellige en rustige wegbreek, weg van die gedruis van die stadslewe.

Die kothuis is gerieflik gemeubileer en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die leefarea is oopplan en die kombuis is goed toegerus met al die geriewe om etes voor te berei. Die leefarea het gemaklike meubels en is langs 'n ingeboude braai-area met 'n eetkamertafel.

Parkeerplek van die straat af is beskikbaar en The Bothy is 'n entjie se ry van die bekende Bellrivier af waar mens kan gaan tjoepry, of vissermanne kan kunsvlieghengel. Dan en wan, gedurende die wintermaande, kan gaste ook baljaar in die sneeu wat in die omliggende omgewing val.

Slaapplek

'n Bespreking by Rhodes Cottages- The Bothy sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rhodes Cottages- The Bothy gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 890 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za