Rhodes Cottages - Tintern

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rhodes Cottages - Tintern is 'n spoggerige selfsorgkothuis wat in 'n sentrale deel van Rhodes in die Suidelike Drakensberg-area geleë is. Dié verblyf is onlangs opgeknap en ons wil graag gaste uitnooi om ons vars, nuwe interieur te kom geniet.

Die kothuis is ten volle gemeubileer en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Albei slaapkamers is toegerus met 'n dubbelbed en een het ook 'n slaapbank. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en oorgenoeg ingeboude kaste met eetgerei en breekware.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n kaggel wat beslis ingespan sal word gedurende ons koue wintermaande. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Rhodes Cottages - Tintern is 'n entjie se ry van die bekende Bellrivier af, met doendinge soos kunsvlieghengel vir die kranige vissermanne, asook tjoepry.

Gedurende die wintermaande kan gaste dikwels hulself behaag in die sneeu wat in die dorpie val.

Slaapplek

'n Bespreking by Rhodes Cottages - Tintern sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rhodes Cottages - Tintern gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 810 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za