Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ribbokkloof Holiday Farm

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Driekie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 68

Jaar gelys 10

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 68 resensies vir Ribbokkloof Holiday Farm
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5
Bettie P - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bettie P
Saam met vriende

Hemel op aarde.

Dit was heerlik skoon en vars.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Jaco B - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco B
Gesin met tieners

Dit is lekker en baie rustig.

Ons het baie lekker gebly en sal enige tyd weer gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Baie dankie! Hoop ons sien julle gou weer.

Ribbokkloof Holiday Farm
Charlene E - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Charlene E

Lekker wegbreek met die mooiste views. Wens net die huis was bietjie meer luuks.

Die plaas is vreeslik mooi. Ons het in Blinkblaar Chalet gebly. Ons het vreeslik gesukkel met die stort se water. Dit is of yskoud of vuurwarm. Die dak het gelek toe dit gereën het. Daar was ook vlermuise in die dak wat een van die beddens bemors het. Die huis het baie potensiaal maar moet bietjie opgedateer word. Verder het ons lekker gebly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Roger S - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Roger S
Besigheidsreis

Ongelooflik rustig, en als wat nodig is in die huis.

Baie rustig en stil. Ongelukkig het 'n vlermuis my aanhoudend gepla van 02h00, elke 15 min. As ek die lig afsit kom hy terug. Het liewer gery en my kos agtergelos (kon dit nie in die kar hou nie). Ek het 'n oproep verwag maar teen so 14h00 het ek liewer ander blyplek gekry. Hulle het laat weet dat die vorige naweek se mense nie gekla het nie. Het na so twee weke my geld vir die tweede aand in die bank gesit, en R20 ekstra.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Mr Smith booked from 8 - 10 March 2024. On 9 March 2024, he left the key of the chalet in the box in front of the office and drove away. He informed the office only through a WhatsApp text message that the cleaners should collect the meat in the fridge. When I asked him afterwards if they weren't returning, he indicated that they were not and mentioned an issue with bats. I responded by suggesting that the bats may have found a hole somewhere because there was no such issue the previous weekend. If there had been, I am sure the previous guests would have mentioned it. As he stated he was not returning, I didn't offer him an alternative chalet for that Saturday night. However, on 11 March 2024, I did offer him another weekend here. On 13 March 2024, he declined my offer and mentioned that had I offered an alternative for the Saturday night, he might have accepted it. If he had informed me about the bat problem in person, or via WhatsApp, or even called early that Saturday morning, I could have moved them to another chalet.

Ribbokkloof Holiday Farm
Johan V - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beautiful! Ons kom defs terug - staff is great en verblyf net die beste. Try om.

Beautiful! Ons kom defs terug - staff is great en verblyf net die beste. Try om 'n 4x4 of fourwheeler te bring. Daar's ook 'n dam waar jy kan swem. Super lekker.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Dankie Johan, ons ontvang julle graag weer hier. Bring sommer 'n klomp saam.

Ribbokkloof Holiday Farm
Johan W - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan W
Gesin met tieners

Lekker gebly. Voëls en staproete baie geniet.

Baie rustig, rus en vrede. Ons het goed reggekom met die gas en die solarstelsel. Selfoonsein is swak, maar voldoende. Was heerlik om daagliks die beeste te sien en te hoor. Ons het een dag Dullstroom toe gery, so 60 km waarvan meer as die helfde grondpad was. Eenheid was skoon en baie lekker.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Baie dankie Johan.
Was aangenaam om julle ook hier te hê.
Kom gerus weer.

Ribbokkloof Holiday Farm
Shea-leigh S - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Shea-leigh S
Saam met vriende

Beautiful and peaceful.

Such a beautiful location, the chalets are distanced enough from each other that you feel like you're in your own world. Would definitely stay longer next time.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Louise V - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Louise V
Saam met eggenoot / lewensmaat

This place is definitely for someone that wants to be completely surrounded by nature.

The nature was amazing.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Thanks for your rating.

Ribbokkloof Holiday Farm
Lesego T - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Lesego T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Great place.

Great place to visit for some R&R. Not sure I had missed it but would've been great to be warned that the electrical plugs are only 12v.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Jan S - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Jan S
Besigheidsreis

'n Moet vir natuurliefhebbers.

Dis egter nie vir "squeemish" mense nie. Dis afgeleë en met beperkte elektrisiteit, maar skoon, netjies en veilg en vreeslik stil. Ek is baie lief vir die plek, maar daar is nie brandstof of winkels naby nie. Dit lyk ook of daar plekke tussen die rante is wat nie selfoonsein ontvang nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Danie T - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Danie T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Mooiste uitsig, rustige omgewing.

Die diens was baie goed, die omgewing is onsaglik mooi en rustig, sterre by die banja klomp.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Corne S - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Corne S
Saam met eggenoot / lewensmaat

So mooi. Rustig. Wens die tyd kon stil staan!

Die vriendelike Driekie het ons so mooi ontvang! Nadat ek my plek betaal het het sy dadelik met my kontak gemaak deur WhatApp. Sy was ook heeltyd met my in kontak. Totdat ek by haar die sleutels opgetel het. Ons wou rus en net lui wees. Wou nie eers Sondag opstaan in die reënweer en klaarmaak vir ontbyt nie. Toe bederf hulle ons by ons Chalet met heerlike ontbyt platters vir 2 mense stiptelik 9 uur. Ons sal vir seker weer kom wegkruip en rus daar! Ons het vir ure onder ons lapadakkie gesit en net die mooi ingeneem. Tussendeur die reën kon ons lekker braai. Die blyplek is baie privaat. Goed toegerus. En meer as genoeg slaapplek vir sommer 8 mense! Aalwyn Chalet is perfek geleë by die rivier en met al die reën het ons heeltyd die water oor die klippe gehoor. Baie baie dankie vir ons lekker naweek. Sien julle binnekort weer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Baie dankie Corne. Julle was netso vriendelik en baie oulik. Kom kuier en rus gerus weer.

Ribbokkloof Holiday Farm
Bernice D - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bernice D
Gesin met klein kinders

Heerlike wegbreek.

Kinders het lekker self gaan stap en ontdek. Mooi omgewing.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Baie Dankie Bernice.
Ek's bly julle het dit geniet.
Kom gerus weer.

Ribbokkloof Holiday Farm
Mivuyo M - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mivuyo M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Definitely a place to go back to!

Super quiet, open and peaceful. Very private, a real getaway!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Thanks Mivuyo.
You were so friendly.
I am glad you enjoyed your stay.
Hope to see you again soon.

Ribbokkloof Holiday Farm
Anneke S - Feb 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anneke S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wegbreek in pragtige, beeldskone natuur!

Wat 'n heerlike naweek. Lekker fietsry, visvang en stap. Ons het die valentyns bring en braai dans bygewoon. Dit was 10 uit 10. Daar word vreeslik baie moeite gedoen om alles mooi instand te hou. Dit is so lekker om daar te wees, mens wil nie eers huis toe gaan nie. Wens ons kon nog so bietjie langer gebly het. Dit is beslis een van my gunstelling plekke om te besoek. Dit was ons tweede keer by Ribbokkloof Holiday Farm en sal defnitief weer daar gaan kuier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Dankie Anneke. Ons ontvang julle graag weer. Julle het pragtig gelyk by die dans en kon sien julle het dit baie geniet.

Ribbokkloof Holiday Farm
Michelle J - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Michelle J
Saam met vriende

Rustig, nat, warm, koud en als was awesome.

Dit is 'n stunning wegbreek!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Nanette S - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Nanette S
Saam met vriende

Ek het Blinkblaar chalet bespreek wat vir 12 mense is met 2 badkamers.

Met aankoms is ons in Aalwyn ingedruk en na ek gebel het, na Stinkhout toe geskuif. Ook vir 12 mense, baie klein. Baie steil trappe met slegs 1 badkamer. Dit was glad nie wat ek voor gehoop of verwag het nie. Ons het 5 klein kindertjies gehad, was baie onprakties. Die opsigter was baie gaaf en behulpsaam. Ek sal nie weer daar gaan bly nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Die bespreking was gemaak op 06.09.2021 deur Travelground [Lekkeslaap] vir 4 volwassenes & 4 kinders van ouderdomme 2, 2, 3 & 5 jaar oud. Daar was slegs vir die 4 volwassenes betaal & nie vir ‘n chalet / eenheid of kinders nie. Die gas was ook ingelig dat die Blinkblaar chalet se reeling op die boonste vloer, nie kinder veilig / vriendelik is nie. Die kwotasie het egter verval op 08.09.2021 & het die gas uitstel gevra tot 15.09.2021, waarop sy dit toe betaal het, maar die Blinkblaar chalet was toe reeds uitgeboek aan ander gaste vir die bepaalde naweek. Ons het toe die Aalwyn chalet wat 8 gaste kan huisves, aan die gas toegeken.
Met aankoms, het die gas genoem dat daar egter 5 kinders is, wat baba van 5 maande insluit. Sy is ingelig dat die Aalwyn chalet 8 gaste kan huisves & daar nie trappe in die chalet is nie. Met aankoms by die chalet het gas die kantoor geskakel & genoem dat die eenheid vir hulle bietjie knap is, met die kinders inaggenome. Ons het toe reelings getref dat hulle wel kan skuif na die Stinkhout chalet [wat 12 gaste kan huisves], maar trappe het & wat gelukkig beskikbaar was op daardie stadium. Hulle het toe besluit om te skuif.

Ribbokkloof Holiday Farm
Johannes D - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johannes D

Wonderlik.

Was net baie lekker. Sal graag weer gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Kom kuier en ontspan gerus weer.
Ribbokkloof Groete

Ribbokkloof Holiday Farm
Tania W - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tania W
Gesin met klein kinders

Rustic and relaxing.

A lovely long weekend getaway. Not far from Joburg. Rustic chalets were clean. Staff were friendly and helpful. Just what we needed.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Glad you enjoyed it.
Hope to see you again soon.

Ribbokkloof Holiday Farm
Anneke S - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anneke S
Gesin met tieners

10 uit 10.

Wat 'n heerlike wegbreek. Soms het mens net die mooi van die natuur om jou nodig om te herlaai. Dit was rustig en stil. Ons het lekker visgevang en heerlik fietsgery. Die naweek was ongelukkig net te kort vir ons. Sal defnitief weer Ribbokkloof besoek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Bly julle het dit geniet hier by ons & kom deel in ons pragtige rustige atmosfeer.

Hoop ons sien julle sommer gou weer.

Ribbokkloof Groete.

Ribbokkloof Holiday Farm
Jaco V - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jaco V
Gesin met klein kinders

Wonderlike plek.

Wonderlike plek, baie geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Urbanus H - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
4/5
Urbanus H
Gesin met klein kinders

Ribbokkloof is in 'n pragtige natuur-area geleë, en bied waarde vir geld.

Oor die algemeen is dit n baie lekker plek met pragtige natuurskoon. 'n Paar probleme wat ons ondervind het was die foto's wys nog mense wat voor 'n kaggel sit, maar geen kaggel mag meer gebruik word nie. Daar is nou gasverwarmer wat jy kan huur teen R200 wat nie dieselfde is nie. 'n Deposito van R400 moet vir die sleutel gegee word, maar jy mag dit nie in kontant doen nie en as jy uitklaar en die sleutel teruggee kry jy nie dadelik jou geld terug nie, dit word eers later aan jou terugbetaal. Die solar battery was leeg die eerste aand toe ons daar aangekom het en dit was duidelik dat niemand dit nagegaan het voor ons ingeboek het nie. Ons moes toe reëlings tref dat hulle ander batterye kom insit. Geen van die bestuur of staf het maskers gedra vir Covid-19 nie en ons voel hulle kan dit dalk verbeter. Veiligheid kan dalk 'n probleem wees as daar 'n plaasaanval is, want die huisies het amper geen sein nie en daar is ook geen panic button of veiligheidshek nie. Die grasdakhuisie het net een ingang (deur) wat dalk 'n probleem mag wees gedurende 'n brand as mens sou moes vlug uit die huis.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Dankie vir julle besoek aan Ribbokkloof. Ons Blinkblaar chalet het nog 'n kaggel binne.Tans is ons byna klaar met die herbou van ons Tolbos chalet wat weens die gebruik van die kaggel, afgebrand het, dus die rede waarom die ander kaggels verwyder is & gasverwarmers nou beskikbaar is. Ons is ook in die proses om ons webblad te hernu.
Kontantbetalings is toelaatbaar, maar elektroniese betalings word verkies.
Sleuteldeposito's is vir die veilige terugbesorg van die sleutels asook vir breek- & diefstalskade [wat ons ongelukkig al ervaar het & waarvoor die R400 eintlik te min is]. Nadat gaste uitgeboek het [oor algemeen op Sondae], besoek ons personeel die chalets op Maandae om linne te verwyder en gaan die Chalet inhoud na om die chalets weer vir die volgende gaste voor te berei. Die personeel gee dan terugvoer en daarna word sleuteldepositos uitbetaal. [In die geval was daar 'n netwerk probleem met die elektroniese betaling op die Vrydag, 13/08/2021 toe gaste arriveer/inboek & is gas vriendelik versoek om die betaling later oor te plaas, wat toe 16/08/2021 eers in die bankrekening gewys het. Die R400 is op 20/08/2021 terugbetaal.
Solar batterye word nagegaan. Daardie week was redelik bewolk & ligte, yskaste ens word alles nagegaan voor gaste arriveer. Batterye was dadelik vervang toe ons ingelig is van die probleem.
Die Covid register is deur die gas voltooi met aankoms & haar temperatuur was geneem en aangeteken. Die ontvangsdame dra haar masker in die kantoor asook ander personeel in kantoor ure.
Tov veiligheid by die chalets is gaste welkom om hulle gelisensieerde vuurwapens saam te bring. Vodacom & MTN het redelike sein by die Chalet area & in die kloof. Ons is ook gekoppel met buurtwag radios en almal in die omgewing is baie paraat.
Ons poog om ons prag stukkie aarde met ons basiese, tog nostalgiese, netjiese akkommodasie tot soveel as moontlik gaste se beskikking te stel deur ons lae tariewe. Sou ons egter opgradeer sal ons tariewe ook aangepas moet word.

Ribbokkloof Holiday Farm
Niel D - Mei 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Niel D
Enkelreisiger

Stilte en natuurskoon.

Hierdie is regtig die ideale plek om te kom ontspan. Dis heerlik stil en die huisie is baie netjies en goed toegerus. Die voetslaanpad is aangenaam, maar nie genoeg rede om hierheen te kom nie. Jy kom eerder vir die skoonheid en kalmte. Ongelukkig is die voetslaanpad ook heeltemal vol knapsekêrels wat aan jou klere gaan vassit. Onthou jou eie handdoeke en 'n kombers om buite onder te sit, want die aande raak koud!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Marina L - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marina L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie mooi omgewing.

Vriendelike diens van almal. Pragtige plek. Baie om te doen.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Johan L - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Johan L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Camp area. Lots of holes in area. Can be filled up with soil. Can bring taps closer to stands. No fresh drinking water at camp sites. Had to clean my own braai.

Very peaceful. Lapas need attention.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Andre V - Feb 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Andre V
Gesin met klein kinders

Baie geniet en ontspan.

Baie tevrede, onsself geakkommodeer met 'n eenheid sonder trappe vir die jong kinders. Skoon en netjies, kon net nie die brandblusser opspoor in die huisie nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Natasha B - Jan 2021
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Natasha B

Dit is ń paradys en so mooi omgewing. Baie rustig en stil net wat ons nodig gehad het.

Mara-Lee en Chris baie vriendelik en behulpsaam. Ons het die hiking baie geniet en lekker MTB gery op plaas paaie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Melissa B - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melissa B
Gesin met klein kinders

Baie mooi en rustig

Ons as gesin het dit baie geniet. Die pragtige natuur en die rustigheid het ons goed gedoen.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Nicolene B - Feb 2020
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicolene B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustigheid van self.

Baie mooi plekkie met geen sein of krag nie om af te sluit van die buitewêreld en net die natuur te geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ronel V - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronel V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige natuurskoon, eko-vriendelik, rustigheid, asemrowende berge en kloof, geen geraas. Regtig pikstikdonker in die nag.

Ons het dit terdeë geniet. Die rustigheid, Die kalmte van die rivierstroom wat voor ons verby gespoel het, die groot verskeidenheid van voëls se gesang en geswiep deur die lug. Stikdonker nagte weens geen elektrisiteit. Hier het ons bietjie weer onsself gevind en met ons siele kennis gemaak. Groot gesprekke met mekaar en met God gevoer. Sal Ribbokkloof vir enige kampeerder aanbeveel. Maak net seker die pad is nie nat wanneer jy daarheen reis nie, want net 'n vierwiel-voertuig sal die nat pad begaanbaar vind. Andersins is dit heel begaanbaar om 'n karavaan daarheen te sleep.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Carla V - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla V

Asemrowende plekkie.

Sal beslis weer hier bespreek vir my en my gesin. Ons was 'n groot groep vir Kersfees hier gewees en dit was vreeslik lekker. Geen TV, net ons en die natuur. Baie lekker gewees.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Madeleine J - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Madeleine J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Hier vind jy weer jouself.

As jy wil wegkom van die geraas en gejaag van die lewe, gaan jy Ribbokkloof toe. Die stilte in die kloof is oorverdowend! As jy gewoond is aan elke luuksheid gaan Ribbokkloof nie vir jou werk nie. Jy gebruik gas of battery of solarkrag. Daar is nie 'n kragpunt nie, maar ons het voorsorg getref daarvoor. Die plekkie was silwerskoon en netjies. Ons het baie gemaklik geslaap. Dit is miskien nie geskik vir families wat tieners het wat nie sonder tegnologie kan gaan nie, .maar vir ons was dit hemel op aarde. Ons het selfs 'n Ribbokbok-paartjie gesien toe hulle by die stroompie kom drink het. Vars fonteinwater voorsien die huisies van die heerlikste water. Ons sal beslis weer teruggaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Mark H - Jul 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Mark H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Nie heeltemal tevrede nie.

Op Vrydag, 5 Julie, die dag voor ons moes huis toe gaan, was daar bome afgesaag in die bosse. Die stilte was verbreek deur kettingsae en 'n trok, trekker en bakkies wat reg voor ons huis heen en weer gery het en baie stof gemaak het. Ek het dit ook vir die dame genoem toe ons uitgeklok het, dit was baie teleurstellend!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ribbokkloof Holiday Farm se terugvoer

Geagte Klient

Ons vra groot onverskoning vir die ongerief. Dit gebreur nie elke dag nie. Die kontrakteurs moes dringend ontbosting doen
vir paaie. Daar was ongelukkig nie 'n alternatiewe pad wat hulle kon ry die, anders het hulle. Nogmals jammer vir die ongerief.
Hoop om u weer te sien.

Groete
Ribbokkloof Span

Ribbokkloof Holiday Farm
Vanessa B - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Vanessa B
Gesin met klein kinders

Interessant!

Ons verblyf was baie lekker, akkommodasie is standaard, netjies en skoon. Daar is geen kragproppe om enige toestelle te gebruik nie, wees bewus daarvan en ons het nie geweet ons moet ons eie bad handdoeke saamneem nie. Dit was nogal 'n storie. Die ligging is goed en die wegbreek van die stad doen hemels aan die siel. Kinders het die visvang geniet, maar die areas om die rivier en damme kort skoonmaak, ons het baie bosse en klitse gehad waardeur ons moes stoei.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Lohan B - Mrt 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Lohan B
Saam met eggenoot / lewensmaat

As jy wil wegbreek na 'n rustige plek en wil net bietjie alleen wees en niks doen is dit die plek.

Dis beter om as 'n groep te gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Elzaan B - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elzaan B
Gesin met klein kinders

Baie ontspannend in beeldskone natuur!

Ons het 'n absolute heerlike 3 dae by Ribbokkloof gehad. Heerlik gerus! Baie mooi en skoon. Ons sal definitief weer terug gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Corrina G - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Corrina G

Rus, vrede en stilte.

Ons het 'n wegbreek gesoek. En het als en nog meer gekry. Ons het dit vreeslik geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Anonieme gas - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Anonieme gas
Saam met eggenoot / lewensmaat
  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Sophia L - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Sophia L
Gesin met klein kinders

Rustig, natuur.

Ribbokkloof is 'n fantastiese naweekkuier - dit was ons tweede besoek op die plaas. Ons het heerlik gekuier, die wandelroetes geniet (met 5 en 9 jarige wat saam gestap het). Ons enigste kritiek is die swembad wat verskriklik vuil was, sand en grond op die bodem en water bruin (troebel). Die plaas het twee dae voor ons ingeboek het groot reën gehad, en rivier het in die swembad ingespoel - dit kan mens verstaan. Ons sou graag wou sien dat die swembad spoediger toeganklik gemaak word vir gaste, want met jong kinders is die swembad maar aanhoudend 'n trekpleister.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Anonieme gas - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anonieme gas
Gesin met klein kinders
  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ursula P - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ursula P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Superb.

Such a peaceful and relaxing place! Had an awesome stay. Thank you.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Stephanie L - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stephanie L

Dit was baie gerieflik en aangenaam om daar te bly.

Ons het regtig geen klagtes nie en sal enige tyd weer daar gaan bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Cornell S - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cornell S
Saam met vriende

Dit was net wat ons nodig gehad het.

Ons het dit vreeslik geniet! Dit was skoon, netjies en het baie lekker gekuier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Charlotte H - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Charlotte H
Gesin met klein kinders

Pragtige natuurskoon, super rustig!

Ons is verlief op Ribbokkloof Holiday Farm! En wil sommer vir al ons vriende en familie vertel van die pragtige plek. Ongelukkig het ons met twee klein kindertjies gaan kamp in 'n baie koue tyd, so ons het effens gesukkel sonder die krag en warmte en het 'n baie koue nag beleef. Maar ons laaste aand daar was in 'n huisie en ons sou beslis eerder dit aanbeveel vir mense met klein kinders. As dit warm weer is of die kinders is ouer, is die kampplek perfek! Die omgewing is pragtig met die mooiste uitsigte!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Katlego M - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
1/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Katlego M
Saam met vriende

I would like to go back there but it is not good place for people with sinus, but I enjoyed my stay.

It is a good place to chill and for peace but you need to specify that it is a 4x4 terrain road and if possible an addition of plugs would be much appreciated. Either way, it is a great place to be.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Anonieme gas - Nov 2017
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Anonieme gas
Saam met eggenoot / lewensmaat
  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Charne Nel N - Jan 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Charne Nel N
Gesin met klein kinders

Ribbokkloof is 'n pragtige kloof met lekker vars lug en die stilte wat om jou vou is hemels.

Dit is 'n baie veilige en rustige plaas - ons as gesin het die tyd op die plaas baie geniet - die aande is dit baie stil en die kinders het heel dag buite baljaar. Ons sal verseker weer kom kuier op die plaas. Baie dankie vir alles.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Adriana M - Des 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
2/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Adriana M
Gesin met klein kinders

Baie mooi omgewing, verblyf baie basies.

Dis 'n pragtige omgewing en rustig. Alles is baie netjies. Daar staan egter nêrens dat mens eie handdoeke en toiletpapier moet saamneem nie. Dis ook nie duidelik dat geen van die huisies krag het nie. Ons het in Lemoendoring geslaap. Dis slaapplek vir 4, maar slegs 2 stoele by die kombuistafel. Die kombuis is baie basies toegerus. Die dubbelbed was baie ongemaklik.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Denise C - Okt 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Denise C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderlik en rustig.

Vriendelike mense, pragtige plek. Sal beslis weer daar gaan draai.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Colette B - Okt 2016
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Colette B
Gesin met klein kinders

Baie oulike plek.

Mooi omgewing en lekker plekkie om net bietjie van die stad te vergeet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Willie D - Aug 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Willie D
Saam met vriende

Weg van die stad se gewoel.

Sterrehemel om oor huis toe te skryf. Stappaaie wat jou laat sweet en waar jy tog die natuur kan geniet. Die kliphuis was netjies, skoon and alles wat jy nodig het was daar. Ontspanning was luilekker terugsit. Ons het die stilte geniet en net ontspan. Kan regtig aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Karen M - Aug 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Karen M
Saam met vriende

Natuurlike stilte is my kos!

Ons het die wegbreek baie geniet, want om in die natuur te kan wees net so 2.5 ure se ry, is hemels! Dit was lekker koud in die aande, maar die huisie (aalwyn) was heerlik warm gewees met genoeg beddegoed. Ons was maar net so bietjie teleurgesteld dat ons 6 mense was en net 2 groot handdoeke was voorsien. Daar was ook geen stoele/tafel of lig vir buitebraai gewees nie en ons was ook nie ingelig om dit saam te bring nie. Ons het ook nie geweet dat daar geen kragpunte was nie, so wees maar seker om 'n kar charger saam te vat! Die rivier was opgedroog, maar dit is te verstane met ons land se droogte, net so 'n jammerte. Verder was dit lekker.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Monique B - Jul 2016
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Monique B
Gesin met klein kinders

Eenvoudige gemak!

Pragtige kliphuisies in 'n pragtige omgewing. Website het gesê ons moet handdoeke, vadoeke, toiletpaier en skottelgoedseep saambring ... maar dit was toe als daar. Ons moes eerder vuurhoutjies (vir die gasstoof) en 'n wynbotteloopmaker saamgeneem het. Alwyn kan doen met beter sitkamergeriewe. Verder was dit baie rustig en ons het die staproete geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Nicolene B - Jun 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicolene B
Gesin met klein kinders

Asemrowend mooi... As jy wil rus, rus hier.

Ek, my man en my dogter (6) het ons tyd by Ribbokkloof verskriklik geniet (Ons het in Alwyn-chalet geslaap)! Weg van die geraas van die stad, TV ens. Lekker warm water gehad en omdat ons chalet nie 'n kaggel ingehad het nie, was daar darem 'n gas verwarmer wat perfek gewerk het! Let wel: As jy wel soos my man heeltyd op "stand-by" moet wees, bring net 'n karlaaier of 'n volgelaaide "powerbank" saam om jou foon vol lewe te hou. Baie lekker 4x4-roete!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Yolande B - Mrt 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolande B
Gesin met klein kinders

Baie rustig sonder elektroniese afleiding. Beslis 'n plek om weer te herlaai.

Ek wil net weereens baie, baie dankie sê dat ons ‘n heerlike naweek daar kon geniet het. Alles was skoon en netjies. Die diens was super en jou piekniekmandjie was perfek! Dit was so rustig gewees en ons sal definitief weer terugkom!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Marie L - Nov 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marie L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was lieflik so in die natuur en na aan die natuur veral met die pragtige beeste wat jou elke oggend kom begroet het.

Ons het die verblyf baie geniet met slegs die warm water wat ietwat van 'n probleem was, maar met die hulp van Willem was dit ook gou uitgesorteer. Dit is 'n pragtige omgewing waar 'n mens so na aan jou Skepper voel en werklik dit jou na aan die hart lê.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Kay N - Aug 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Kay N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Relaxing.

A very relaxing stay in nice accommodation that has everything one requires. Friendly people and nice walking trails. Use the inside fireplaces with caution, one of the other thatch units burnt down.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Eloise T - Jul 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eloise T
Gesin met klein kinders

Stil en rustig!

Dit was 'n lekker wegbreek en ons sal definitief weer gaan!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Nico L - Apr 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nico L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderlike verblyf.

Ribbokkloof is 'n ware juweel en dis sommer lekker na aan Johannesburg geleë. Dis prentjiemooi, die kaggel in die grasdakhuis is wonderlik romanties, dis net jammer dat mense wat motorfietse ry toegelaat word.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Giselle V - Apr 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Giselle V
Gesin met tieners

Dit was heerlik en stil. Net wat 'n mens nodig het om te ontspan.

Die kampplek was heerlik en stil. Jy moet van die natuur hou om dit ten volle te kan geniet. Sal definitief dit aanbeveel as mens wil ontspan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Chris V - Mrt 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Chris V
Enkelreisiger

Versteekte juweel.

Pragtige en vreedsame plek om batterye te herlaai. Naby genoeg aan JHB vir 'n vinnige naweekwegbreek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Sane L - Mrt 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sane L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie nice!

Kamp langs die rivier, lekker warm donkie. Lekker vuurmaakplak en tentopslaanplek. Mooi staproete.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Amanda R - Jan 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Amanda R
Gesin met klein kinders

Die verblyf was gerieflik, veilig, cozy en alles wat mens nodig het.

Hierdie lekker kliphuisie in die middel van die natuur, waar jy weer liggaam en siel bymekaar kan trek, is die perfekte wegbreek. Weg van ons daaglikse gejaagde bestaan. Jy kan nie help om net te ontspan nie. Die mooie natuur herinner jou waaroor dit werklik gaan in die lewe. Die huisie en die geriewe is perfek; mens verwag tog nie 5-ster as jy so na aan moeder natuur is nie. En moeder natuur is 'n baie goeie "nanny". Die kinders speel vir ure buite sonder dat jy van hulle weet. Selfs hulle kleine sieletjies "connect" met die rustigheid van die natuur. Ons is huistoe, uitgerus, ontspanne en tevrede.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Irene R - Des 2014
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Irene R

Great value for money with perfect setting

We had a great time at Ribbokkloof! the customer service were great and Adrie helped with all of our requests. nice and clean chalets with everything we needed. There were a few hiccups. one being the problem with the overflowing drain at Blinkblaar making it impossible to sit outside. ( there is also no outside braai area) the other problem was with Tolbos where there were no electricity and also very cold showers (the guy doing the maintenance did try to replace the battery pack for the solar system but it didn't work.) But it was a good stay otherwise - Ribbokkloof's cows makes it an experience that you won't forget. they are beautiful and we had fun watching them - the only problem is that they leave a messy landmine surprise behind on your doorstep. A perfect setting, and a good value for money stay.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Mary-ann G - Aug 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mary-ann G
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Wonderlike, rustige ervaring ...

Ek sal Ribbokkloof kan aanbeveel vir enige iemand wat wil wegkom van die gejaagde lewe. Ek kan nie verduidelik hoe lekker ek daar gebly het nie! Die plek is skoon, netjies, pragtig binne en buite, stil en rustig. Alles was net soos wat ek dit wou gehad het. Die dame wat ons ontvang het, was baie vriendelik. Ek het die beste tyd van my lewe gehad, ek en my man sal verseker meer gereeld daar kom bly vir 'n naweek om net bietjie tyd te kan spandeer met mekaar en die rustigheid te waardeer. Baie dankie vir die pragtige blyplek. Julle is sowaar tops!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Allan L - Aug 2014
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Allan L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Had a lovely stay. All that's needed is 2 comfortable chairs to sit on in front of the TV.

We were short of bath towels. There was only one. A coffee bodum will be great. We had 2 camping chairs with us, so we could use that on the inside to sit on in front of the fire place. Maybe they could have 2 fold-up ones.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Sanja-rika V - Mei 2014
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Sanja-rika V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik in die natuur verloof geraak.

'n Wonderlike wegbreek sonder enige elektrisiteit. Net was mens nodig het!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Cobus D - Apr 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cobus D
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Wonderlike natuurervaring wat ek sal aanbeveel vir enige natuurliefhebber!

Van die oomblik toe ons by Ribbokkloof se hoofhekke ingery het, toe voel dit of ons op vakansie was. Ons is vriendelik verwelkom deur Adrie Schutte en die formaliteite is spoedig afgehandel. Van die kantoor, so met die grondpad af so oor die koppie, word ons gegroet deur 'n afgesondere natuurwêreld waar die wind speels waai deur die kloof en die rooi Bonsmara-beeste rustig wei tussen die rondawels. Moenie verwag om jou elektroniese speelgoed hier te kan gebruik nie, want dis hier waar Moeder Natuur jou terugbring aarde toe om weer jou "roots" te vind. Die erde-keteltjie sing vrolik op die gasstofie terwyl die sonpanele agter ons hutjie die laaste van die son se strale inpalm vir ons liggies vir die aand. Lanklaas was ek so gelukkig om op 'n plek te wees met GEEN hoofstroom elektrisiteit of lastige selfone en e-posse wat my pla ... 'n Braaivleis vuurtjie en die soete smakie van 'n Rosé onder die sterre het die Vrydagaand die perfekte atmosfeer geskep om op een knie vir liefie die ja-woord te vra! Vroegoggend wandelings op die wandelpaaie het teen die middag seer bene en spiere gebring, maar dit was alles absoluut die moeite werd! So veilig en so afgesonderd van die samelewing het ek seker lanklaas in my lewe gevoel. Dit was verseker nie die laaste keer wat ons by Ribbokkloof gaan afkamp nie en ons kan nie wag vir die volgende keer wat ons oor daai koppie op daai stofpad gaan ry nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 80 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Uitkyk, R555, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c4618b292bda3a5fbdc32f3ee7b52e8bcd8ec767c97adddd03c5dda48c9c8189611ac019879e999e45f02d1143b38155aff?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R200 per nag, vir 2 mense 68 5 1 5 Farm Uitkyk R555 1050 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.587995398576 29.818774759769
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem