Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rietfontein Guest & Safari Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nooitgedacht-weg, Rietfontein-plaas Erfdeel 14, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rietfontein Guest & Safari Lodge is 'n rustige selfsorgplaas met 'n pragtige uitsig vanaf die berg. Dit bied gaste 'n regte plaasatmosfeer wat met die Bosveld en stilte gekombineer word, en is vir groepe en enkelreisigers vir lang of kort verblyf geskik.

Dié lodge van 505 ha beskik oor 2 eenhede. Die hooflodge het slaapplek vir 9 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet, en die res van die en suite-badkamers het elkeen 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens, en die ander slaapkamers het enkel- of koningingrootte-beddens. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket, en lei na die oopplan-kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n eiland en 'n etenstafel met sitplek vir 10. 'n Tuimeldroër is ook in die aparte opwaskamer beskikbaar.

Die Safari-eenheid het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Elke slaapkamer het sy eie en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die lodge kan apart of saam met die 4 safari-kamers bespreek word en het sy eie swembad, sondek en boma-braai. Die Safari-kamers het ook hul eie selfsorg-grasdaklapa met 'n boma-braai en swembad, en kan ook apart gehuur word. Hierdie eenheid lei na die gemeenskaplike grasdak-lapa waar daar 'n kombuis is wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese breekware en eetgerei, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die lapa het 'n lieflike eetarea met 'n etenstafel, gemaklike rusbanke, 'n kroeg en 'n TV met die volle DStv-pakket. Die voorkant van die lapa lei na 'n boma-area met 'n swembad waarin gaste kan afkoel.

Aktiwiteite op die perseel sluit wildritte, skemerkelkies, 4x4-roetes, fietsroetes en staproetes in. Die plaas het ook 'n skietbaan vir handwapenskiet, teikenskiet en 'n uitstekende 840 m-baan vir ver skiet. Daar is ook perde op die plaas en persoonlike interaksies kan gereël word, en die wild wat gedurende die dag die lodge-area besoek, kan ook van nader bekyk word. Wanneer dit skemer word kan gaste na die knetterende kampvuur luister terwyl hulle die Afrika-sonsondergang bewonder.

Wild wat op die plaas voorkom sluit klipspringers, swartwitpense, blouwildebeeste, elande, blesbokke, ribbokke, koedoes, waterbokke, kameelperde en sebras. Voëlkykers sal ook die rits voëlspesies op die plaas geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Vlaams
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 22 resensies vir Rietfontein Guest & Safari Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.8/5

Bertie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 28

Jaar gelys 4

Ligging

  • Nooitgedacht-weg, Rietfontein-plaas Erfdeel 14, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Rietfontein Guest & Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nooitgedacht-weg, Rietfontein-plaas Erfdeel 14, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA90a678287a7be4ad2884c8a993abaf1192fe3c3eac794804e3d35e123d53403de8e75b6fce5d972afc6744d6d2934e5ed11e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 Nooitgedacht Road Rietfontein Farm 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.797786387937 28.215205989331
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem