Rietpoort Plaasvakansiehuis
13 gaste
5 slaapkamers
10 beds
3 badkamers
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- 13 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - N10, Bovlei Farm, Noupoort, 5901, Noord-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Rietpoort Plaasvakansiehuis bied 'n heerlike wegbreek op 'n skaap- en beesplaas in die hartjie van die Karoo. Die gasteplaas spog met aktiwiteite soos staproetes, perderitte, 4×4-roetes en tradisionele jagervarings en gee gaste 'n kykie in die die lewe op die plaas.
Die plaashuis bied slaapplek aan 13 gaste en beskik oor 5 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Daar is ook 3 ander slaapkamers wat elk 'n dubbelbed en 'n enkelbed het en die laaste slaapkamer het 'n enkelbed. Die huis beskik oor 2 badkamers, 1 met 'n bad, stort en 'n toilet en die ander met 'n stort en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en 'n oond toegerus is. Die eetarea het tafels en genoeg sitplek en die sitarea het 'n kaggel, gemaklike sitplek en 'n TV.
Buite is daar 'n onderdak-kuierarea met 'n ingeboude braai en sitplek. Die plaashuis is aan die voet van die berg geleë en spog met 'n pragtige tuin en skilderagtige staproetes in die kloof. Dié huis is ideaal vir gaste wat naby die natuur wil ontspan.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- N10, Bovlei Farm, Noupoort, 5901, Noord-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
N10, Bovlei Farm, Noupoort, 5901, Noord-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- 13 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang