9 gaste
3 slaapkamers
4 beds
3 badkamers
- 9 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - 127 Rifle Range Road, Robertsham, Johannesburg, 2091, Gauteng Sien kaart
Beskrywing
Rifle Range Cottage is 'n huislike en veilige selfsorgkothuis wat ideaal in Robertsham, Johannesburg, naby al die gewilde hoofpaaie en 1,6 km vanaf Gold Reef City en die Apartheidsmuseum geleë is. Die Glen-winkelsentrum is ook net ongeveer 5 km ver. Die kothuis is die perfekte keuse vir diegene wat op soek is na 'n rustige wegbreek, vir vriende of familie wil gaan kuier of sakereisigers.
Die Rifle Range Cottage bied slaapplek aan tot 6 gaste en 3 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, asook 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n instap-klerekas, asook 'n en suite-stort met 'n toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n tripel-stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Dit is ideaal vir 2 volwassenes en 1 kind. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak en die derde badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, ketel en broodrooster. Die eetarea het 'n sessitplek-etenstafel met stoele. Die sitarea het genoeg sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Daar is 'n slaapbank in die sitarea wat slaapplek aan 2 kinders onder 12 jaar bied.
Buite is daar 'n onderdakstoep met stoepmeubels en 'n tuin-area. Veilige parkeerplek vir 5 voertuie is op die perseel beskikbaar.
Die kothuis word besit en bestuur deur die gashere, Azaad en Faeeza, wat gaste enige tyd met navrea sal help.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Azaad Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 4
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 127 Rifle Range Road, Robertsham, Johannesburg, 2091, Gauteng
- Gaste dink Rifle Range Cottage het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
127 Rifle Range Road, Robertsham, Johannesburg, 2091, Gauteng
Sien kaart- 9 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang