River View Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

River View Resort is aan die oewer van die Vaalrivier geleë en bied selfsorg-eenhede wat ook op 'n B&B-basis bespreek kan word. Die oord is in Bloemhof, 'n luukse woonbuurt in Noordwes, geleë. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n vriendegroep wat op soek is na gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid naby aan verskeie doendinge.

Daar is 4 selfsorg-eenhede by River View Resort wat volledig toegerus is. Elke eenheid het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die slaapkamers het dubbelbeddens of 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort of bad, wasbak en toilet. Die kothuise het ook 'n sitkamer en kombuis met 'n yskas en mikrogolfoond, stoof, oond en ingeboude kaste vir die breekware, eetgerei en ander toebehore. Die eenhede het ook 'n TV met sekere DStv-kanale en privaat braaigeriewe.

River View Resort het ook 'n groot lapa wat oor die rivier uitkyk. Dit is perfek vir konferensies of sosiale geleenthede met plek vir tot en met 70 mense. Aan die een kant van die lapa is daar 'n vermaakarea met addisionele braaigeriewe, 'n swembad en tafeltennis, veerpyltjiebord en luidsprekers.

Die oord het ook 'n swembad waarin gaste kan ontspan regdeur die jaar. Veilige parkering is beskikbaar vir motors en gaste het 'n reeks doendinge om van te kies in die omgewing, soos voëlkyk, watersporte op die rivier en wildritte net 'n kort entjie se ry van ons af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na River View Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za