Riverside Lodge
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bushveld Erf 20, Euphoria Golf Estate, Mookgophong, 0560, Limpopo
- Vanaf R5 000 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Riverside Lodge is op die Euphoria Golf Estate in die Waterberge geleë. Dié lodge is perfek vir 8 volwassenes en 4 kinders, of 12 volwassenes en gaste wat op soek is na gerieflike selfsorgverblyf uit die stadsgedruis. Dit het al die moderne afwerkings wat mens benodig, maar dit doen nie afbreek aan die bosveldatmosfeer nie. Daar is 'n grondpad van sowa 15 km tot by die verblyf. Die pad is geskik vir 'n gewone voertuig.
Riverside Lodge is volledig ingerig en beskik oor 4 pragtige en suite-slaapkamers en 'n solderarea. Elke slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed of koningingrootte-bed met oorgenoeg stoorplek en die solderarea is ingerig met 4 enkelbeddens (gepas vir kinders). Gaste wat in die solder slaap maak van die en suite-badkamers gebruik. Twee van die slaapkamers het 'n stort en 'n bad en die ander twee het 'n toilet, bad, en die buitestort is heerlik in die somer. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus en het alles wat gaste benodig.
'n TV met sekere DStv-kanale is in die sitkamer beskikbaar. Die sitkamer is langs die eetarea en bied toegang tot 'n sondek met ingeboude braaigeriewe, 'n boma en 'n swembad. Riverside Lodge is verbind aan die Euphoria Gholflandgoed en kan slegs via 'n kabelspoor in die landgoed bereik word. Andersins moet gaste om die landgoed gaan om die voorhek te gebruik.
Gaste het toegang tot die meeste vermaakgeriewe by die landgoed, soos 'n gholfbaan en spa, glyplanke en staproetes.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Lynette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Bushveld Erf 20, Euphoria Golf Estate, Mookgophong, 0560, Limpopo
- Gaste dink Riverside Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Euphoria Golf Estate and Hydro Mookgopong Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bushveld Erf 20, Euphoria Golf Estate, Mookgophong, 0560, Limpopo