Riviera Hotel & Chalets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Riviera Hotel is op die Bergrivier geleë en kyk uit oor die vlei en sy volop voëllewe. Die Riviera-moddervlakte is moontlik een van Velddrif se bekendste voëlkykplekke en 'n groot verskeidenheid seldsame spesies is al hier gewaar.

Die hotel bied enkel- en dubbelkamers met en suite-badkamers, met DStv en SABC-kanale. Die kamers is ruim en elkeen het 'n privaat, toegeruste patio met 'n asemrowende uitsig oor die Bergrivier. Die wittebrood-suite is ons trots en is toegerus met 'n spa en leefarea waar jy kan ontspan en die uitsig geniet.

Die Riviera Chalets is langsaan die hotel geleë, op die oewer van die Bergrivier. Die Riviera-moddervlakte is wyd bekend as 'n voëlkyk-bestemming en die uitkykpunt is stapafstand van die chalets af.

Elkeen van die 10 chalets is volledig toegerus vir selfsorg met 'n ingeboude braai-area en 'n patio wat uitkyk oor die vleiland en sy oorvloedige voëllewe. Elke eenheid het 'n oopplan-kombuis wat volledig toegerus is en 'n ruim leefarea. Daar is ook 'n TV met DStv- en SABC-kanale vir vermaak.

Daar is 2 eenslaapkamer-eenhede met volledige badkamers, 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n slaapbank in die leefarea. Dié eenhede het slaapplek vir tot 4 gaste.

Die 8 tweeslaapkamer-eenhede, het 'n stort in die badkamers, 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens elkeen en 'n slaapbank in die leefarea. Elke eenheid het slaapplek vir tot 6 gaste.

Parkeerplek is beskikbaar vir gaste se motors by die chalet, met veilige in- en uitgange. Die chalets is binne stapafstand van 'n supermark, restaurant, drankwinkel en kitskosrestaurant.

Die a la carte-restaurant, The Pont, spesialiseer in seekosdisse. Velddrif is bekend as 'n vissersdorpie en snoek, mossels en perlemoen is onder die bekende spesies wat in die omgewing te vinde is. Die restaurant is wyd bekend vir sy heerlike Sondagmiddag-buffet vir die hele gesin. Hulle Kersete is gewoonlik maande vooruit reeds vol bespreek. Die dameskroeg het 'n knus kaggel vir kouer winterdae.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Riviera Hotel & Chalets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za