LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Road Lodge Durban | LekkeSlaap
+20

Road Lodge Durban

Hotel
  • Kapasiteit: 184 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoek van Braam Fischer- en KE Masinga-straat, Durban, 4056, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R792 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Road Lodge Durban bied sentrale verblyf teen 'n bekostigbare tarief vir gaste wat Durban vir vakansie of besigheid besoek. Die hotel is ideaal geleë om vakansiegangers en sakereisigers te lok, aangesien dit naby alles is wat gaste nodig het vir uitstekende verblyf, insluitend die strandfront, middestad, internasionale konvensie- en uitstallingsentreum (ICC), Durban Toerisme-kantoor, en 'n rits restaurante, winkels, sport-, vermaak- en kulturele besienswaardighede, soos uShaka Marine World en Kingsmead Stadion.

Die hotel beskik oor 92 kamers met lugversorging, dubbelbeddens en en suite-badkamers met storte. 'n Enkelslaapbank vir 'n kind is in 'n paar van die kamers beskikbaar. Geriewe in die kamers sluit TV's met sekere DStv-kanale en radiostasies, koffie- en teemaakgeriewe en lessenaars in. Gratis WiFi word ook voorsien. Daar is 'n paar kamers wat spesifiek ingerig is om gaste met gestremdhede te akkommodeer.

Die Road Lodge Durban bied veilige parkeerplek, 'n 24 uur-ontvangs en 'n ligte ontbyt. Daar is ook snoepmasjien met peuselhappies en koeldrank waarvan gaste gerus gebruik kan maak.

Kenmerke

Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Hoek van Braam Fischer- en KE Masinga-straat, Durban, 4056, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R792
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R792
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 184 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoek van Braam Fischer- en KE Masinga-straat, Durban, 4056, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA48dc74bf2053578b22dcae03f13aa5539f203ab69a57c8424f53c231f2c1ae05fa59af95584d475677e6fc91e710d820ccdf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R792  per nag (vir 2 persone) Corner Braam Fischer and KE Masinga Roads Durban 4056 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-00:00 11:00 -29.8525946 31.0216551
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!