Roamers Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Roamers Rest is 'n bekoorlike gastehuis in Parys op die oewer van die Vaalrivier. Dié huis is lekker naby die winkels, restaurante, en gholfbane.

Roamers Rest het slaapplek vir 9 gaste in 4 gastekamers met privaat ingange. Drie van die slaapkamers het dubbelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Al die kamers het privaat badkamers. Ander geriewe in die kamer sluit 'n yskassie, mikrogolfoond, koffiemaakgeriewe en waaier in.

Die gastehuis het gratis WiFi en areas om te braai. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter 'n elektriese hek en afdakke voor en agter die huis vir motors.

Doendinge en besienswaardighede in die omgewing sluit, antieke winkels, restaurante, gholf, die Vredefort-koepel, Vaaldam, kunsvlieghengel, riviervlotvaart, stap langs die rivier, piekniek langs die rivier, en nog baie meer in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Roamers Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R440 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za