Rob Roy Sea Cottage
10 gaste
4 slaapkamers
6 beds
1 badkamer
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 9 Fisherman's Walk, Haga Haga, 5272, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Rob Roy Sea Cottage is 'n selfsorgkothuis met panoramiese see-uitsigte in die kusdorpie Haga Haga in die Oos-Kaap. Hierdie huis is ideaal vir vriende en familie wat op soek is na 'n gerieflike huis om hul vakansie te geniet.
Dié huis het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed en daar is 'n dubbelbed in die vierde slaapkamer. Die gedeelde badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, kisvrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die ruim sitarea het oorgenoeg gemaklike sitplek, 'n TV en 'n kaggel. Die eetarea het 'n groot etenstafel en lei na 'n stoep met buitemeubels en 'n ingeboude braai. Wi-Fi is beskikbaar.
Aan die voorkant van die verblyf is daar 'n onderdakbalkon met 'n see-uitsig en 'n vuurput. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die verblyf bied direkte toegang tot die strand en is naby geriewe soos winkels en restaurante.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 9 Fisherman's Walk, Haga Haga, 5272, Oos-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
9 Fisherman's Walk, Haga Haga, 5272, Oos-Kaap
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang