Robberg Akkommodasie by Roche Bonne 28 | LekkeSlaap
+32

Roche Bonne 28

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roche Bonne-laan 28, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 450 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Roche Bonne 28 is in Plettenbergbaai en bied verblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié strandhuis beskik oor 5 slaapkamers en het slaapplek vir 11 gaste. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort, bad, toilet en dubbelwasbak. Die tweede kamer is op die grondvloer en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die derde kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer in die kamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die vierde kamer het 2 enkelbeddens en die vyfde kamer het 'n tripelstapelbed. Die laaste 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n vyfplaatgaskookblad en 'n suigwaaier, 'n elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, 'n Nespresso koffiemasjien, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n aparte waskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die sitkamer het gemaklike banke, 'n gasbraaiplek, 'n TV met DStv en 'n eetarea met 10 stoele waar gaste saam etes kan geniet. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die stoep het 'n groot tafel met 10 tot 12 stoele, 2 armstoele, 'n dagbed en 'n hangstoel waar gaste kan ontspan terwyl hulle oor die tuin uitkyk. Daar is lieflike gasbraaigeriewe beskikbaar.

Die kroeg-area het 'n yskas, ysmasjien, wynyskas en 'n deur wat na die stoep lei.

Die tuin het sonstoele en 'n sambreel en daar is ook 'n swembad en 'n houtspeelraam vir die kinders.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Roche Bonne 28 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Roche Bonne 28
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Roche Bonne-laan 28, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Roche Bonne 28 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 450
per nag (plek vir 10)
Vanaf R3 450
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roche Bonne-laan 28, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAEghWtLBQVqgU8cLnpE96oN9lNAuFeKrcLGWmbYePYeK1s5obfD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 450  per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 28 Roche Bonne Avenue Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.06752 23.37234
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za