LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Rondevoux 18 | LekkeSlaap
+7

Rondevoux 18

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Harley-straat 3145, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R940 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Rondevoux 18 is 'n selfsorgwoonstel in Rondevoux, 'n veilige kompleks in die hartjie van Margate. Dié woonstel is ten volle toegerus en het 'n uitsig oor die Blouvlagsrand. Daar is 'n Mugg and Bean-koffiewinkel en 'n kelkiekroeg op die grondvloer en die Wimpy is langsaan.

Rondevoux 18 het slaapplek vir 6 mense in 3 slaapkamers en daar is 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hooofslaapkamer het n dubbelbed, 'n en suite-badkamer, en 'n skuifdeur na die balkon. Die ander twee slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer. Al die slaapkamers het plafonwaaiers.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, en 'n wasmasjien. Verder is daar 'n ontbyttoonbank met stoele en 'n gerieflike sitarea met 'n plafonwaaier. Die onderdak-balkon het eetkamermeubels en ingeboude braaigeriewe.

Ondergrondse parkeerplek is beskikbaar en mens verkry toegang tot die kompleks met afstandbeheer.

Daar is verskeie ander doendinge in die omgewing, soos middagete by Mac Banana, verfbal, Deli & Bakery, Mac Fish, winkels, voëlkyk-dek, klimraam, speelareas vir kinders, Butterfly Dome en ponierritte. Op dieselfde pad na Port Edward sal jy die Wild Coast Sun Casino kry. Lake Eland is ook iets om te sien - die natuur is ongelooflik.

Pure Venom is op die Izotha-pad naby Shelly-strand. Die kinders sal daarvan hou om al die verskillende slange te sien en om van elkeen te leer. In Shelly Beach is daar die Must-Byt-bootritte met visvanguitstappies en diepsee-swem. Die ouers kan saans gerus 'n draai by Pistols Saloon anderkant Ramsgate maak vir aandete en dans.

Slaapplek

’n Bespreking by Rondevoux 18 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 4 resensies vir Rondevoux 18
Netheid
3.3/5
Diens
2.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Harley-straat 3145, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Rondevoux 18 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R940
per nag (plek vir 6)
Vanaf R940
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Harley-straat 3145, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY0NWZmZWIyLTAwN2QtNDZhZC1hNjExLTMxMmE0NmE3YWY5ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R940  per nag (plek vir 6) 4 5 1 4 3145 Harley Street Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 08:00 -30.86181857945 30.370860511115
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!