Rondevoux 27

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rondevoux 27 is 'n is 'n ten volle gemeubileerde selfsorgwoonstel wat in die veilige Rondevoux-woonstelkompleks in die hartjie van Margate geleë is. Dié woonstel kyk uit oor die hoof Blouvlagstrand uit. Daar is 'n Mugg and Bean-koffiewinkel en 'n mengeldrankie-kroeg op die grondvloer van die gebou, en 'n Wimpy langsaan.

Rondevoux 27 het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die eerste en tweede slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die derde en vierde slaapkamers is elkeen ingerig met 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser, en daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitarea het 'n TV. Op die toegeboude balkon is daar braaigeriewe vir gaste se gebruik en 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste.

Parkeerplek met afstandbeheer-toegang is in die kelder beskikbaar.

Kom kuier by die gewilde Water World in Wild Coast Sun, Mac Bananas net 5 km voor Port Edward, Lake Eiland, en geniet 'n plaaslike bootrit op die see.

Slaapplek

'n Bespreking by Rondevoux 27 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rondevoux 27 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R965 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za