Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rooipan Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooipan Guest House, Kalahari, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rooipan Guest House is is die ideale oornagplek op die R360 en dit is halfpad tussen Upington en die Kgalagadi Oorgrenspark geleë.

Die verblyf behels 3 gastekamers in die hoofhuis en 'n tuinkothuis langs die swembad. Die 3 gastekamers deel 'n badkamer wat 'n bad, stort, wasbakke en 'n aparte toilet het. Gastekamer 1 het 2 enkelbeddens, Gastekamer 2 het 'n koningingrootte-bed en Gastekamer 3 het 'n dubbelbed. Gastekamers 1 en 2 het elk 'n kroegyskassie. Die Desert Bloom Cottage het 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n enkelbed in die oopplan-leefarea. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die Desert Bloom Cottage is met 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n stoof toegerus.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike, knus sit- en eetarea met tee- en koffiemaakgereiwe, 'n sitkamer met 'n TV met DStv, en daar is 'n swembad en braaigeriewe.

Etes is beskikbaar teen ekstra koste en indien vooraf gereël.

Ontspan in die tuin met 'n boek uit die klein biblioteek, drink 'n glas wyn of koel lekker in die swembad af. Gaste kan lang wandelings in die area, wat met baie inheemse fauna en flora spog, geniet. Gaste kan 'n rit op hulle eie na die soutpan neem, waar gehalte sout vervaardig word. Hierdie sout word na Upington vervoer en vandaar na die hele land, asook na die res van Afrika versprei. Dit is werkende skaap- en beesplaas. 'n Skemerkelkie op 'n hoë sandduin kan voor inklok teen 'n minimum ekstra koste bespreek word.

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 11 resensies vir Rooipan Guest House
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Rooipan Guest House, Kalahari, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Gaste dink Rooipan Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooipan Guest House, Kalahari, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdiYWE1NTU3LTMxZjUtNDVmMi1hODQwLTcwOWRiYjRjZDBjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 Rooipan Guest House Kalahari 8801 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.494799 20.777866