Royal Morubisi River Lodge
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 3 Mei 2024 tot 8 Jan 2026.
- Kapasiteit: 20 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Witfonteinweg, Royal Morubisi River Lodge, Kaingo Wildreservaat, 0530, Limpopo
-
Vanaf
R5 088R4 579 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Royal Morubisi River Lodge is in die Kaingo Wildreservaat, 'n prentjiemooi wildernisgebied, 'n ware Afrika-eden, in die malariavrye Waterbergstreek. Dit is net 2,5 uur vanaf Johannesburg en dié reservaat is 'n verklaarde Kritiese Biodiversiteitsgebied Vlak 1 wat ook 'n kerngebied van die Waterberg Biosfeerreservaat is, soos verklaar deur UNESCO.
Die Kaingo strek oor 16 600 hektaar van bosveld-savanne en spog met riviere, valleie en majestueuse berglandskappe. Dit is 'n deel van Afrika wat waarlik unieke wildervarings bied en trots deel vorm van bewaring- en navorsingsaktiwiteite. Die prentjiemooi natuur dra by tot 'n ongelooflike ervaring. Die magtige Mokolorivier kronkel deur die pragtige landskap en dié area is die tuiste van meer as 60 soogdierspesies en meer as 250 voëlspesies.
Die River Suites is die perfekte plek vir 'n romantiese wegbreek vir paartjies. Die pragtige rivier en die asemrowende bosveldomgewing skep die ideale toevlugsoord. Elke smaakvolle suite bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed. Elke suite het ook 'n en suite-badkamer met 'n moderne ontwerp, 'n bad, stort, wasbak en toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die hoofgebou het gemeenskaplike areas wat 'n verskeidenheid eetareas, 'n sitarea met 'n lekker kaggel en 'n kroegarea insluit. Dit lei na 'n dek met addisionele sitplek en 'n uitsig oor die mooi rivier. Gaste kan ook lekker by 'n vuur in die boma kuier en stories uitruil of net heerlik in die sprankelende swembad ontspan.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
3.8/5
Touch Down
Africa
Eiendomme 9
Resensies 188
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Witfonteinweg, Royal Morubisi River Lodge, Kaingo Wildreservaat, 0530, Limpopo
- Kapasiteit: 20 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Witfonteinweg, Royal Morubisi River Lodge, Kaingo Wildreservaat, 0530, Limpopo