Sabie Akkommodasie by Sabie Star Chalets | LekkeSlaap
+77

Sabie Star Chalets

  • Kapasiteit: 45 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 2 Rietfontein Plaas JT193, Hazyviewweg, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R730 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Sabie Star bied bekoorlike selfsorg- of B&B-verblyf in 'n versteekte vallei op die oewer van 'n bergstroompie wat deur woude omring word. Dit is slegs 3 km van Sabie af, in die hartjie van Mpumalanga se waterval-wonderland.

Die eksekutiewe chalets bied slaapplek aan 2 gaste ('n paartjie) of 4 gaste (2 volwassenes en 2 kinders). Hierdie chalets bied selfsorggeriewe en sluit badhanddoeke, badkamergeriewe, 'n haardroër en gratis tee- en koffiemaakgeriewe in. Gaste moet swemhanddoeke saambring indien hulle hierdie chalets bespreek.

Ons bied ook standaardverblyf in bekoorlike chalets met slaapplek vir 2 tot 6 gaste. Badhanddoeke word in alle standaard chalets voorsien. Elke chalet bevat 'n badkamer met 'n stort en/of bad, 'n kombuisie, 'n platskerm-TV en sekere DStv-kanale en 'n privaat vuurput met gratis vuurmaakhout. Wasgoed kan teen 'n ekstra koste gereël word.

Gaste kan die dag luilekker om die swembad deurbring of deur die luisterryke tuine wandel en die voëllewe waardeer. Daar is ook prentjiemooi staproetes op die plaas wat kronkel deur woude en langs die rivier.

Sabie Star is gerieflik geleë vir diegene wat graag die nabye besienswaardighede wil besoek onder meer die watervalle, Pelgrimsrus, Krugerwildtuin, God's Window, Sudwala-grotte, Bourke's Luck-kolkgate, World's View, die 3 Rondawels, Blyderiviercanyon, die Waterfall wonderland van die Panorama-roete en Graskop.

Die dorp Sabie bied 'n verskeidenheid restaurante en die unieke Sabie Craft Brouery. Die Sabie Buiteklub is slegs 3 km weg en bied 'n gholfbaan, rolbalbaan en muurbalbane. Avonturiers sal dalk belangstel in prettige doendinge naby soos tjoepry, abseil, vierwielmotorfietsritte, perdry, grotkruip, bergfietsry, woudvaarte, "kloofing" en voetslaan.

WiFi is beskikbaar. Sabi Star is troeteldiervriendelik, maar dit moet wel vooraf gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 184 resensies vir Sabie Star Chalets
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Plot 2 Rietfontein Plaas JT193, Hazyviewweg, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink Sabie Star Chalets het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R730
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R730
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 45 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 2 Rietfontein Plaas JT193, Hazyviewweg, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEzMDgzOGZhLWJiYzgtNDUxMi1hZGIzLWY3Mjk3YjY0NDUxNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R730  per nag (vir 2 persone) 184 5 1 5 Portion 2 Farm Rietfontein JT193 Hazyview Road 1260 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.09464338845 30.804393766739
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za