Saints View 412

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saints View 412 is 'n selfsorgwoonstel in die nuwe, veilige Saints View Timeshare Resort wat sentraal geleë is aan KwaZulu-Natal se Hibiskuskus. Dis stapafstand vanaf die gewilde Uvongo-hoofstrand en sy prentjiemooi strandmeer. Die meeste eenhede het pragtige see-uitsigte.

Saints View 412 het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die sitkamer het voorafbetaalde lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer bied toegang tot 'n groot balkon met ingeboude braaigeriewe.

Dié eksklusiewe oord beskik oor 'n minigholfbaan met 18 putjies, 'n klimraam en 'n kristalhelder swembad. Veilige kelderparkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Daar is wonderlike geriewe en doendinge in die omgewing. Gaste kan lekker middagete by Mac Banana geniet. Daar is verbalskiet, Deli & Bakkery, Mac Fish, spesialiteitswinkels, voëlkyk, 'n klimraam en speelarea vir kinders, 'n skoenlapper-koepel, en ponierritte.
Op dieselfde pad na Port Edward is die Wild Coast Sun Casino.
Eilandmeer is 'n wonderlike plek om die natuur te beleef.
Pure Venom is op die Izotha-pad naby Shelly Beach. Dié plek is ideaal vir kinders, daar is verskeie slange en kinders kan leer oor die gevare van slange.
Shelly Beach bied visvang, diepsee swem en bootry by Must-byt aan.
Pistols Saloon is net verby Ramsgate, dit bied aandete en is ideaal vir volwassenes.

Slaapplek

'n Bespreking by Saints View 412 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saints View 412 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za