+31
Selfsorg in Sanlameer

San Lameer Villa 14014

10 gaste

5 slaapkamers

7 beds

4 badkamers

  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal Sien kaart

Beskrywing

San Lameer Villa 14014 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer-landgoed op KwaZulu-Natal se Suidkus. Hierdie subtropiese paradys spog met wilde diere, fauna, flora en verskeie voëlspesies. Dit bied iets vir die hele gesin. Die bewarea is 200 hektaar groot en het 'n kampioenskapgholfbaan met 18 putjies, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.

Dié tripelverdieping-villa het lugversorging en bied slaapplek aan 8 gaste. Dit beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n super koninggrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Daar is 4 enkelbeddens in die ander 2 slaapkamers. Elke slaapkamer bied direkte toegang tot die balkon wat met 'n uitsig oor die landgoed spog. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Die vyfde slaapkamer is langs die villa en het 'n koningingrootte-bed en 'n privaat badkamer.

Die leefarea beskik oor 2 sitareas, 'n eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste in die eetarea en gemaklike rusbanke, 'n koffietafel en 'n TV met DStv in die sitarea. Die tweede sitarea het ook 'n gemaklike rusbank. Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Die eenheid het sonpanele wat die TV, WiFi en ligte tydens beurtkrag aanhou. Daar is ook 'n watertenk.

Ontspan by die privaat swembad of bederf jouself met 'n mooi uitsig. Daar is ook 'n privaat braai en Jacuzzi op die groot stoep. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek en San Lameer bied 'n lowerryke omgewing, tuine om in piekniek te hou, 'n kinderspeelarea, fietse te huur, 'n visvangdam en 'n dam waar daar verskeie voëlspesies is om te sien.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 96

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 7 850
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 7 850
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 7 850
per nag (plek vir 10)
Bespreek

R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA297d5adbd31c27dc2030c40682c024656e131b09f313b6c7f5e55f8012c15a82d64b4a852b31a25a4ed27b128dead480d468?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 850 per nag (plek vir 10) R61 San Lameer Estate San Lameer Villa 10301 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -30.94346685391 30.290301912261

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang