30% af Kry 30% af vir verblyf voor 17 Mei 2020
Southbroom Akkommodasie by San Lameer Villa 2906 | LekkeSlaap
+22
+22

San Lameer Villa 2906

Selfsorg
  • Blits-aanbod - Kry 30% af
  • Vanaf R2 900 R2 030 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Villa 2906, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

San Lameer Villa 2906 is 'n lieflike selfsorg-villa op die grondvloer van die veilige en gewilde San Lameer-landgoed. Die villa is stapafstand vanaf verskeie ontspannings- en sportgeriewe. Die landgoed bied veilige toegang tot die strand, swembaddens, tennis- en muurbalbane, 'n gholfbaan, bergroetes en 'n kinderspeelplek, en gaste kan in die omtrek voëlkyk.

Die villa het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer wat 'n stort het. Bedlinne, bad- en swemhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware, asook 'n koffiemasjien, 'n toebroodjierooster, 'n elektriese braaipan en 'n gaskoeldrankmaker. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het 'n gemaklike L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV met die volledige DStv-pakket. Daar is 2 lugversorgers in die eenheid.

Die sitarea is oorkant die patio met ingeboude braaigeriewe. Die villa bied ook onderdakparkeerplek vir jou voertuig. Let asb. dat hierdie 'n rookvrye eenheid is. Die eenheid word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Slaapplek

’n Bespreking by San Lameer Villa 2906 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant

Ligging

  • Villa 2906, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 900
Vanaf R2 030
per nag (plek vir 6)
was R2 900
Vanaf R2 030
per nag (plek vir 6)
was R2 900
Vanaf R2 030
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Villa 2906, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANmvKSjGATw9MWJYWRKTCmK1VJ4cXp2kiRjuHzyJOcTPASz8ymm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 900, nou Vanaf R2 030  per nag (plek vir 6) Villa 2906 San Lameer Estate 4277 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -30.943525311479 30.299071625866
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za