15% af Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2020 tot 31 Jul 2020.
Nottingham Road Akkommodasie by Sandstone Cottage Guest Accommodation | LekkeSlaap
+88

Sandstone Cottage Guest Accommodation

Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Kry 15% af
  • Vanaf R850 R723 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D450, Kambergweg, Sandstone Farm, Rosetta, 3301, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sandstone Cottage Guest Accommodation is op 'n werkende plaas buite Rosetta in die Kamberg Vallei. Dis teen die voet van die Wêrelderfenis Ukhahlamba Drakensberge in KwaZulu Natal se Middellande.

Verblyf word in 2 eenhede gebied. Die Sandsteenkothuis is naby 2 foreldamme en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die Sandsteensolder beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus is. Daar is ook 'n sitarea met gemaklike banke en 'n TV met DStv, sowel as 'n eetarea. Gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot lieflike braaigeriewe.

Die plaas bied uitstekende voetslaan- en bergfietsroetes en gaste kan in die Plover- en Sandpiper-stilwaterdam kunsvlieghengel.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • D450, Kambergweg, Sandstone Farm, Rosetta, 3301, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R850
Vanaf R723
per nag (plek vir 2)
was R850
Vanaf R723
per nag (plek vir 2)
was R850
Vanaf R723
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D450, Kambergweg, Sandstone Farm, Rosetta, 3301, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA729da407bdb791271fa1e695eb52c1152e86ecf85b391f5c049f4ec6443a66fd9aaf5e2b21e8e25cafdf96369a8f2feb6445?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R850, nou Vanaf R723  per nag (plek vir 2) D450, Kamberg Road Sandstone Farm 3301 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -29.311388888889 29.888055555556
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za