Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Premier Resort Sani Pass

Hotel
  • Kapasiteit: 118 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Himeville, Drakensburg, 3256, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 780 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Premier Resort Sani Pass is aan die voet van die Mkhomazana-vallei en staan bekend vir die warm gasvryheid, asemrowende uitsigte oor die Drakensberge en persoonlike diens.

Die hotel bied 'n verskeidenheid kamers insluitend die Standaardkamers, Executive-kamers en Gesinskamers. Elke kamer het gemaklike beddens, en suite-badkamers, tee- en koffiemaakgeriewe en WiFi.

Toere na die bopunt van die bekende Sani-pas vertrek daagliks van die hotel af. Paspoorte is egter noodsaaklik. Die Premier Resort Sani Pass beskik oor uitmuntende sportfasiliteite op 'n eiendom van 800 hektaar. 'n Volle grootte rolbalveld is beskikbaar vir kompetisies of vir pret. Daar is 'n pluimbalbaan naby die swembad, twee tennisbane met spreiligte (vir alle weertoestande), muurbalbaan, vlugbalbaan en twee buiteswembaddens langs die buiteterras, waar die hele gesin 'n prettige dag kan beleef. Ons het ook 'n groot speelplek met 'n trampolien, swaaie, glybane en 'n plonspoel met 'n fontein sorg vir ure se plesier.

Die hotel beskik oor geriewe vir konferensies, sport en ander belangegroepe. Die Premier Resort Sani Pass beskik oor verskeie konferensiegeriewe vir 20 tot 150 afgevaardigdes. Ons reël spesiale tema-aande, avontuurlike spanbou-aktiwiteite, verskeie sporttoernooie om by enige grootte konferensie of sosiale groep te pas.

Die kookkuns is plaaslik en puik aandetes word by kerslig bedien. Ons wynlys bevat 'n keuse van puik Suid-Afrikaanse wyne om by elke smaak te pas. Alle tariewe sluit aandete, bed en ontbyt in. 'n Stewige ontbytbuffet word soggens bedien met vars vrugte, jogurt, ontbytkosse, 'n keuse van 'n warm Engelse ontbyt, varsgebakte pasteie, konfyt,
'n keuse van kouevleis en kaas en tee en koffie om mee af te sluit. Oggend- en middagtee word op die terras buite bedien, met 'n pragtige uitsig oor die Sani-vallei. Ligte etes kan dwarsdeur die dag bestel word en langs die swembad by die al fresco-restaurant en kroeg bedien word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete

Konferensiegeriewe

  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 22 resensies vir Premier Resort Sani Pass
Netheid
4.1/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Reservations Geverifieer

Eiendomme 20

Resensies 116

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Himeville, Drakensburg, 3256, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Premier Resort Sani Pass het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 780
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 780
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 118 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Himeville, Drakensburg, 3256, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7a4a7a943b40ad14bade6670932e3fd7c404fc5212d087cf2a397c7672d9c91a46404920b4805ff00d4c1724da092a90a1d4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 780 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 Himeville Drakensburg 3256 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.65 29.45
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem