Sani Valley Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welkom by Sani Valley Lodge, ’n unieke kombinasie van luuksheid, natuur en doendinge. Sani Valley Lodge is ’n privaat natuur-lodge slegs 2 ure se ry vanaf Durban. Dit is tussen die dramatiese Drankenbergreeks geleë, grens aan die UNESCO Wêrelderfenisgebied en is die naaste luukse lodge aan die beroemde Sani-pas.

Die reservaat het ’n baie beperkte aantal luukse lodges wat ontwerp is om slaapplek aan paartjies, gesinne en klein groepies te bied, almal met die opsie van alles ingesluit of selfsorg.

In die vallei is een van die grootse mere in Suid-Afrika wat privaat besit word. Die lodges is al langs die meer geleë, waar verskeie wildsbokke, zebras, bobbejane en ander wild gereeld hul verskyning maak. Dit is een van die baie min wildreservate in die Drakensberge, wat verder versterk word deur die groot meer wat verskeie voëlspesies lok. Dit is ook ’n befaamde area met vele rekords vir visvang, juis oor die grootte van die meer.

Die paar afgeleë lodges laat Sani Valley soos jou eie privaat vakansiehuis voel en dit is die perfekte plek om te ontspan en vele pret te hê. Gaste kan masserings geniet, asook geleer word hoe om te kunsvlieghengel, hulle kan ook gaan otterkyk in ’n kanoe, ontspan in die Jacuzzi, wildritte op perde doen, die beroemde Sani Pas met 4x4's aandurf, voetslaan tot by die rotstekeninge en vele meer!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sani Valley Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 142 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za