Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Addo Narina Bush Camp

Tentekamp
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Addo Olifant Nasionale Park, Addo, 6105, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 697 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SANParks Addo Narina Bush Camp bied 'n plattelandse ervaring in 'n toweragtige woud. Dié nasionale kamp skuil aan die voet van die Zuurberge en aan die Witrivieroewer.

Dis sowat 25 km vanaf die Addo Ruskamp en nie in die Groot 5-area nie - daar kom dus nie grootwild hier voor nie. Narina bied 'n vreedsame wegbreek in 'n woud met 'n ryk voëllewe. Kleinwild, soos duikers, bosbokke en bosvarke kom wel hier voor.

Daar is 4 seiltente en elke tent het 2 enkelbeddens. Daar is geen elektrisiteit nie en die kampligte gebruik sonkrag. Daar is 'n gemeenskaplike paraffien-stort en 'n aparte toilet. Daar is ook 'n sentrale grasdak-kombuis in die kamp met 'n gas-yskas, gasstoof, eetgerei, breekware en kookware. Die kamp het ook 'n lapa met 'n vuurput en braai-area.

'n Sowat 25 km-grondpad lei tot by Narina en al is dit nie nodig om 'n 4x4 te hê nie, moet jou voertuig 'n hoë grondvryhoogte hê om op die pad te kan ry.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Thandeka Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 1221

Jaar gelys 6

Ligging

  • Addo Olifant Nasionale Park, Addo, 6105, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Addo-olifantpark Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 697
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 697
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Addo Olifant Nasionale Park, Addo, 6105, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7d35d982be133ef9b3980ec446f97bb8a5f767c26a221868b8a35bea4c836452d99612df7cb54c8221f3ac5aee8dad610a16?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 697 per nag, vir 2 mense Addo Elephant National Park Addo 6105 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.351388888889 25.689444444444
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem