SANParks Addo Nyathi Rest Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SANParks Addo Nyathi Rest Camp bied jou die geleentheid om die olifante en buffels van die Addo-olifant Nasionale Park by 'n watergat 'n paar meter weg van jou af te sien drink terwyl jy 'n verfrissende drankie geniet en kyk hoe die son agter een van die land se mees majestueuese bergreekse sak.

SANParks Addo Nyathi Rest Camp skuil aan die voet van die majestueuse Zuurberge wat omring word deur heuwels en dit bied eksklusiewe selfsorg-verblyf. Die kamp se naam beteken buffel en jy gaan hulle beslis hiér sien. Geniet 'n rustige rit deur die Groot 5 Nyathi-deel van Addo met die koning van die woud en luiperde. Nyathi is net 12 km vanaf die hoofkamp en bied 'n afgeleë atmosfeer in die natuur.

Die ruskamp het 11 selfsorg-eenhede: 8 eenhede met slaapplek vir 2 gaste, 1 eenheid met slaapplek vir 4 gaste en 2 gesinseenhede met slaapplek vir 6 gaste. Elke eenheid is aan die oewer van 'n vloedvlakte op stelte en bied pragtige uitsigte vanuit die slaapkamers, sitkamers en sommige badkamers weens die groot glaspanele. Elke eenheid is deur die Afrika-kultuur geïnspireer en die argitektuur weerspieël die ou koepelvormige grasdakhuise. Die dekor reflekteer die ronde blare van spekbome en daar is baie van dit in die park. Die koperpype en -krane verleen 'n meer outentieke atmosfeer aan die eenhede en laat jou vinnig tuis voel.

Die seisonale rivier vloei net onder die kamp verby en baie diere in die omgewing drink daaruit. Kyk uit vir bobbejane, koedoes, vlakvarke en olifante.

Gaste kan die watergat besoek vir 'n meer ontspanne wildkyk-ervaring en dis te voet vanaf die kamp bereikbaar. Daar is 'n verskeidenheid wild- en voëlspesies in die omgewing en Nyathi-ruskamp is die ideale plek as jy alles wat Addo bied in 'n rustiger deel van die park wil ervaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Addo Nyathi Rest Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 252 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za