SANParks Bontebok National Park

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SANParks Bontebok National Park is 6 km van die prentjiemooi en historiese Swellendam af geleë, 240 km vanaf Kaapstad en 540 km vanaf Port Elizabeth. Die park is maklik bereikbaar vanaf die N2 en as gevolg van sy grootte kan gaste die hele park in 'n paar uur besigtig. Dit is 'n fantastiese halfpadstop tussen Kaapstad en die Tuinroete vir 'n piekniek, swem en voetslaan om die bene te rek. Daar is ook 'n lekker braai-area en 'n plek vir die kinders om rond te hardloop.

Dié stukkie Kaapse floraryk in die skadu van die majestueuse Langeberge en langs die rustige Breederivier het die bontebok van uitsterwing gered.

Verblyf word in selfsorg-chalets by die Lang Elsies Kraal Ruskamp aangebied. Die ruskamp het ook karavaan- en kampstaanplekke, met of sonder kragpunte, en gemeenskaplike ablusiegeriewe. Die Lang Elsies Kraal Ruskamp is na die Hessekwa Khoi-Khoi se leier, Lang Elsie, vernoem. Sy het in die 18de eeu hiér saam met haar stamfamilie gewoon. Die ruskamp is aan die oewer van die Breederivier geleë en bied ongerepte natuurskoon van die park, rivier en berge.

Bontebok Nasionale Park is 'n uitstekende dagbesoekersbestemming. Die dagbesoekers se geriewe is onlangs opgeknap en sluit 'n ruskamp en 'n braai-area genaamd "Die Stroom" in. Kom hou piekniek op die oewer of braai by een van die vele braaiplekke.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Bontebok National Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R227 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za