SANParks Camdeboo National Park

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SANParks Camdeboo National Park is in die Karoo geleë en omring die Oos-Kaapse dorpie, Graaff-Reinet byna heeltemal. Die Karoo het miljoene jare gelede tot stand gekom en is een van die wêreld se groot natuurlike wonders. Camdeboo Nasionale Park bied insig in dié unieke streek en ekosisteem, om nie van die prentjiemooi landskap te praat nie.

Die verblyf by Camdeboo Nasionale Park is op die vloedvlakte van die Nqweba-dam geleë en word via die Lakeview-hek op die N9 in Middelburg se rigting bereik. Die verblyf is deel van die park se wildkykareas. Die park is die tuiste van buffels, boksoorte soos die gemsbok, eland, rooihartbees en springbok, asook kleiner soogdiere soos die swartrug-jakkals en verskeie voëlspesies.

Met nagenoeg 100 000 jaarlikse besoekers, is die Vallei van Verlatenheid die top-toeristebestemming in dié streek.

Daar is 'n aantal 4x4-roetes in die oostelike en westelike gedeeltes van die park. Dagbesoekers is welkom en kan verskeie besienswaardighede soos die Vallei van Verlatenheid en 'n aantal piekniekplekke besoek of rondry en wildkyk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Camdeboo National Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R338 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za