Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Mazhou Camping Site

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R404 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SANParks Mazhou kampeerterrein is in die noordelike deel van Suid-Afrika geleë waar Botswana en Zimbabwe mekaar ontmoet. Die Mapungubwe Nasionale Park is ryk aan geskiedenis, wild en flora en is besaai met verskeie stukke grond wat oor spore van antieke beskawings en artefakte beskik. Mapungubwe is in 2004 tot 'n Nasionale Park benoem en is reeds in 2003 ook as 'n Wêrelderfenisgebied deur UNESCO verklaar.

Die Mazhou-kampeerterrein in die Mapungubwe Nasionale Park is sowat 40 km vanaf die Hoofhek, naby die Limpopo Woudtentekamp in die weste van die kamp, geleë. Dié kampeerterrein het staanplek vir 10 karavane of tente en elke staanplek het 'n kragpunt.

Mapungubwe se restaurant bied 'n volledige spyskaart en aandete-pakkies is op versoek beskikbaar. Ander fasiliteite by Mapungubwe sluit in: 'n piekniek- en 'n dagbesoekers-area, 'n uitkykpunt by die Limpopo- en Shasherivier se samevloeiing, 'n boomtop-promenade en die Maloutswa-voëlkykhut. Daar is ook 'n ouditorium wat vir opvoedkundigegroepe of klein konferensies van tot 50 gaste geskik is.

Die Mapungubwe Inligtinsentrum, 'n indrukwekkende gebou wat in 2009 die Wêreldgebou van die Jaar by die Wêreld Argitektuurtoekennings gewen het, is ontwerp om om 'n museum met verskeie historiese artefakte wat in die park ontdek is, te huisves. Inligting oor die park se fassinerende geskiedenis en biologie is ook by die inligtingsentrum verkrygbaar en daar is opgeleide gidse beskikbaar om besoekers deur die sentrum te vergesel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 3 resensies vir SANParks Mazhou Camping Site
Netheid
4.7/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Thandeka Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 1221

Jaar gelys 6

Ligging

  • Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
  • Gaste dink SANParks Mazhou Camping Site het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Limpopo
Vanaf
Vanaf R404
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R404
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbmJoghsrF2SoSJmzdsen4NZ7E8eGQTq9zme2ryGzPyLm9SPijK?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R404 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 Off the R572 Mapungubwe National Park 0900 Limpopo 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -22.187357 29.2072
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem