SANParks Skuinsbaai Noord Coastal Camp Site

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SANParks Skuinsbaai Noord Coastal Camp Site is in die Namaqua Nasionalepark in die hartjie van die Karoo geleë. Die park het ongelooflik uitgebrei en sprei nou van die bekende Skilpad-seksie naby Kamieskroon, op teen die platorand Wes na die kus. Hier kan gaste ontsnap na 'n area van kontraste, waar die harde klimaat tot gevolg gehad het dat verskeie lewensvorme wonderbaarlik aangepas het by dié habitat. Velde vol blomme, 'n naghemel vol sterre, Kokerbome, enorme graniet koppies en die ysige Atlantiese Oseaan is maar net 'n paar van die wonders wat op gaste wag.

Skuinsbaai Noord het 'n rotsagtige kuslyn en daar is verskeie baaitjies in die area. Die kamp is met 2x4 hoë grondvryhoogte-voertuie vanaf Sarrisam bereikbaar.

Die SANParks Skuinsbaai Noord Coastal Camp Site is 'n ongekunstelde kampeerterrein wat poog om die wildernis-karakter van dié kuslyn te behou. Gaste is ten volle selfonderhoudend en moet alles bring wat nodig is om te kamp. Daar is 2 kampeerplekke, elk het 'n windbreekmuur en 'n braaiarea. Die staanplekke het egter nie water, elektrisiteit of ablusiegeriewe nie. Daar is slegs kompostoilette. Daar is ook geen selfoononpvangs nie.

Hout is by die Groenrivierhek beskikbaar, maar ons beveel aan dat gaste hul eie moet saambring.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Skuinsbaai Noord Coastal Camp Site gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R223 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za