Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Tshugulu Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 798 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mapungubwe Nasionale Park is in die noordelike deel van Suid-Afrika, waar dié land aan Botswana en Zimbabwe grens. Dit is ryk aan geskiedenis,natuurlewe en flora, asook verskeie landdele waar die spore van antieke beskawings en artefakte gesien kan word. Mapungubwe is as ’n Nasionale Park aangekondig in 2004 en ook as ’n Wêrelderfenisgebied deur UNESCO in 2003.

Tshugulu Lodge is ’n luukse lodge in die westelike deel van die park, ongeveer 23 km van die hoofhek af, aan die R572 Pondrift-weg. Beleef die bosveld hier waar die groot en gevaarlike diere dwaal. Onbegeleide staproetes word nie toegelaat nie, aangesien gaste die omgewing met die diere van Mapungubwe deel. Dié belewenis sal onvergeetlik wees met die groot, vorstelike Baobab- en Mashatu-bome, riverwoude en vlaktes wat die ligging omring.

Dié lodge bied slaapplek aan 12 gaste en het 6 slaapkamers, wat dié plek ideaal maak vir groepe wat dit geniet om te kuier rondom die kampvuur en stories vertel oor die dag se waarnemings.

Daar is ’n goed toegeruste kombuis, ’n bad, swembad en privaat eko-roete waar gaste die geheime van die omgewing kan ontdek. Die lodge is toeganklik met ’n sedan-voertuig.

Mapungubwe se restaurant bied ‘n verskeidenheid op hulle spyskaart en aandetepakkies is op versoek beskikbaar. Daar is ook piekniekplekke, ‘n dagbesoekersentrum, Limpopo- en Shasherivier-uitkykpunte, boomtop-houtpaadjie en ‘n ouditorium waar opvoedkundige groepe of konferensies vir 50 gehou kan word.

Die Mapungubwe Interpretasiesentrum het in 2009 die Wêreldgebou van die Jaar by die Wêreldargitektuurtoekennings gewen en bied ‘n museum met verskeie antieke items wat deur argeoloë in die park opgegrawe is. Inligting oor die park se geskiedenis en biologie is ook in die sentrum beskikbaar en daar is opgeleide gidse wat besoekers deur die sentrum neem.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir SANParks Tshugulu Lodge
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Thandeka Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 1228

Jaar gelys 6

Ligging

  • Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
  • Gaste dink SANParks Tshugulu Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 798
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 798
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4DDICANJCXVxDmiU5PZUEicmH8D3wp0NQoh5bEkJX4SRC9fKVI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 798 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 Off the R572 Mapungubwe National Park 0900 Limpopo 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -22.270807 29.200457
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem