Schoon Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Schoon Guest House is in 'n stil doodloopstraat in Vryburg, 'n dorp halfpad tussen Kimberley en Mafikeng, in die Bophirima-streek van Noord-Wes geleë. Vryburg produseer die meeste bees in die land en daarom word daar dikwels na dié dorp verwys as "die Texas van Suid-Afrika". Vryburg is die ideale oornagplek wanneer jy op reis is langs die N14 of op die spoorweg wat van Kaapstad tot Botswana loop.

Die verblyf bestaan uit 5 gastekamers wat slaapplek vir 2 volwassenes bied wat elk individueel versier en gemeubileer is. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, 'n yskassie, 'n mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe. Gratis WiFi word ook voorsien.

Die gastehuis is deur 'n lowerryke tuin met 'n swembad omring en dit is 'n ware oase vir moeë reisigers. Daar is 'n buitebraai en die gastehuis voorsien eetgerei en ys as gaste wil braai. Daar is ook oorgenoeg veilige parkeerplek op die perseel. Schoon Guest House is baie naby restaurante, banke en 'n winkelkompleks.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Schoon Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za