Sea Gem
- Kapasiteit: 18 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Petuniastraat 28, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 18)
Beskrywing
Sea Gem bied veilige selfsorgverblyf met 'n uitsig oor die see in Jeffreysbaai. Die eiendom is ideaal vir gesinne of groot groep-vakansies en bied slaapplek aan 18 gaste. Verblyf word gebied in 'n hoofhuis met 2 ekstra woonstelletjies en 2 aparte kamers, wat 'n totaal van 9 slaapkamers en 6 badkamers is.
Die hoofhuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met 'n koninggrootte-bed, dubbelbed en enkelbeddens onderskeidelik, asook 2 badkamers met 'n bad en stort.
Die woonstelletjie op die eerste verdieping het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n ekstra, aparte kamer wat met die woonstelletjie skakel met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Dié kamer het slaapplek vir 2 gaste.
Die woonstelletjie op die grondverdieping bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Daar is ook 'n kombuis met 'n wasmasjien en tuimeldroër wat as 'n waskamer gebruik kan word. 'n Aparte kamer wat met die woonstelletjie skakel is ook beskikbaar. Dié kamer het slaapplek vir 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort.
Die kombuis in die hoofhuis het 'n toonbank met genoeg sitplek en is met 'n gasstoof, en kookplaat, 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n skottelgoedwasser, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n leefarea met 'n eet- en sitarea. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste, ekstra rusbanke en 'n spabad. Die sitarea het genoeg rusbanke voor 'n platskerm-TV met die volledige DStv-pakket. Daar is geen WiFi nie. Die sitarea lei na 'n balkon met meubels, 'n buitebraai en 'n uitsig oor die see.
Gaste het toegang tot onderdakparkeerplek vir 4 voertuie. Die verblyf is naby die see, plaaslike winkels en restaurante.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Trude-Mari Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Petuniastraat 28, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Sea Gem het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 18 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Petuniastraat 28, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom