Margate Beach Akkommodasie by Sea-Spray Cottages | LekkeSlaap
+42
+42

Sea-Spray Cottages

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R400 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hibiscus-straat 46, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 4

Beskrywing

Sea-Spray Cottages is gerieflike gesinskothuise in Margate, KwaZulu-Natal. Die akkommodasie is perfek vir paartjies, vriende of gesinne wat graag gerieflik wil wegbreek, maar steeds naby aan die opwinding wil wees.

Daar is 7 kothuise by Sea-Spray Cottages wat volledig toegerus is vir selfsorg en 'n uitsig oor die see in die verte vanaf die ingange bied. Die kothuise het slaapplek vir tussen 2 en 10 mense met privaat ingange, dubbelbeddens, enkelbeddens en dubbelslaapbanke in die sitkamer. Die badkamers het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n kombuisie of volle kombuis waarin gaste heerlike maaltye kan optower. Dit bevat 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond, broodrooster, ketel en ingeboude kaste vir die breekware en eetgerei.

Eenheid 6 en 7 is geskik vir enkellopendes of paartjies wat op soek is na gerieflike verblyf. Die eenhede het nie 'n sitkamer of eetkamer nie. Die eenhede het 'n TV en DStv (bring asseblief jou eie slimkaart en dekodeerder), 'n lieflike stoep en privaat braaigeriewe is ook beskikbaar.

Sea-Spray Cottages het 'n gemeenskaplike braai-area en 'n skitterende swembad vir die warmer somerdae. Dit is net 'n kort entjie se ry van al die besienswaardighede in Margate af. Verken die strande, natuurroetes, krokodilplaas, voëlpark, Oribi-kloof, visvang, bootritte, gholf, perdry, plesierbote, skubaduik, sportklubs en nog vele meer om almal besig te hou.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Troeteldiere indien gereël
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wildritte
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.2 uit 5van 2 resensies vir Sea-Spray Cottages
Netheid
4.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Hibiscus-straat 46, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R400
per nag (plek vir 2)
Vanaf R400
per nag (plek vir 2)
Vanaf R400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hibiscus-straat 46, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 4
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAALWZ3YomZbRUTvzwT4crprJXeUyPI0JcZuoP442nF13LdZBun2J?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R400  per nag (plek vir 2) 2 5 1 4 46 Hibiscus Road Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-21:00 09:00 -30.863172224733 30.367357730747
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za