Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea Wind Self-Catering

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aroganietstraat 1, Swakopmund, 0000, Erongo
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sea Wind Self-catering is in Swakopmund geleë, stapafstand van die strand en Platz Am Meer Mall af. Sea Wind Self-catering bied gerieflike verblyf in 8 selfsorgkothuise, waar gaste kan wakker word met die vars reuk van die Atlantiese Oseaan, en aan die slaap kan raak terwyl hulle na die ritme van die branders luister.

Elke kothuis het 'n badkamer en 'n volledig toegeruste kombuis, asook 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi. Elke kothuis beskik ook oor 'n patio, sommige met braaigeriewe, en 'n privaat ingang.

Veilige parkeerplek van die straat af en 'n daaglikse skoonmaakdiens is beskikbaar.

Swakopmund is die avontuurhoofstad van Namibië, van valskermspring tot diepseehengel, Swakopmund maak voorsiening vir avontuurliefhebbers. Besoek historiese terreine, golwende duine en die strande langs die kuslyn.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Johanna H
Saam met lewensmaat
5.0
Hierdie selfsorg word aanbeveel, wat ook waarde vir geld is. Die eenheid is baie goed toegerus, net DStv wat 'n bonus was. Die eenheid word elke dag g...
Sien meer
Sep 2024
Marisha S
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies, skoon en lekker. Baie netjies en skoon. Definitief waarde vir geld, het alles wat mens nodig het. Veilige omgewing.
Apr 2024
Wiaan N
Besigheidsreis
5.0
Gemaklike sakereis. Die kamer was ruim en goed toegerus met die nodige selfsorgitems. Parkering is effens knap as daar meer as 2 voertuie is. Die kame...
Sien meer
Des 2023
Jacomien T
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Heerlike lapa. Sal weer kuier.
Jul 2023
Simone S
Gesin met tieners
4.8
Net oornag gewees maar sal definitief weer kom. Skoon, netjies en veilig.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Annie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Aroganietstraat 1, Swakopmund, 0000, Erongo
  • Gaste dink Sea Wind Self-Catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aroganietstraat 1, Swakopmund, 0000, Erongo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAvrdLPubO7eHkyIYOWKgS1XYsv68QsQ51RRkmGlaDGTqytaFnmD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 37 5 1 5 1 Aroganiet Street Swakopmund 0000 Erongo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -22.642236746013 14.529252648354

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang