Margate Beach Akkommodasie by Seabrook 401 | LekkeSlaap
+10
+10

Seabrook 401

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van William O’Connor-rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seabrook 401 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Margate in KwaZulu-Natal. Die woonstel is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf. Dis binne stapafstand van die strand, restaurante en winkels sowel as verskeie binnemuurse en buitemuurse doendinge af.

Seabrook 401 is op die vierde vloer geleë en dit is 'n hoekwoonstel. Daar is slaapplek vir 6 gaste en die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers en is ten volle gemeubileer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 3 enkelbeddens en 'n stapelbed. Die badkamers het of 'n bad of 'n stort in.

Die kombuis, eetarea en sitarea is oopplan en beskik oor geriewe soos 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof asook ingeboude kaste om breekware en eetgerei te stoor. Die ruim sitkamer het gerieflike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Daar is parkeerplek vir een motor en die kompleks het 'n gemeenskaplike munt-gedrewe waskamer, 'n speletjieskamer met 'n pooltafel en tafeltennis asook gemeenskaplike braaigeriewe.

Die Intercity Express Bus stop by Marine-rylaan by die Margate Mini Coach-bushalte, slegs 500 m vanaf die Seabrook Woonstelle. Op versoek kan gaste opgelaai word by die bushalte en aangewys word na Seabrook Woonstelle. Buiten dit sal daar geen ekstra vervoer benodig word tydens jou verblyf nie aangesien alle winkels, banke, besighede, restaurante en vermaak binne maklike loopafstand van die woonstel af is.

Slaapplek

’n Bespreking by Seabrook 401 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 4 resensies vir Seabrook 401
Netheid
3.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Hoek van William O’Connor-rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seabrook 401 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van William O’Connor-rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAuWYnLX1GoqlSdyrVo6MRaUegPUf1it6xbOfYujhH2d09mKi0zM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 Corner of William O’Connor Drive and Panorama Parade Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.863584 30.370432
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za