Margate Beach Akkommodasie by Seabrook 402 | LekkeSlaap
+14
+14

Seabrook 402

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 7)
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v William O'Connor-rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seabrook 402 is 'n selfsorg-eenheid wat in die Seabrook Holiday woonstelkompleks geleë is. Die kompleks is bekend vir sy uitstekende uitsigte en gerieflike toegang tot Margate se hoofstrand en ander vakansie-doendinge. Die eenheid spog met pragtige uitsigte oor die dorp wat genoegsame geleenthede bied om dolfyne, walvisse, seevoëls en die sardientjieloop dop te hou.

Die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers en is smaakvol ingerig. In die eerste slaapkamer is daar 1 dubbelbed en 1 enkelbed en 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer het 1 dubbelbed en ook 'n see-uitsig terwyl die derde slaapkamer slegs 2 enkelbeddens bevat. Daar is 'n stort in die eerste badkamer en 'n bad in die tweede badkamer.

Gaste sal die lieflike oopplan-kombuis en -leefarea geniet. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en daar is 'n eetarea met genoeg sitplek. Die leefarea beskik oor 'n TV met 11 DStv-kanale. Ontspan met 'n skemerkelkie en geniet die pragtige see-uitsigte.

Daar is 'n onderdakparkeerplek ingesluit by die eenheid.

Die Intercity Express Bus stop by Marine-rylaan by die Margate Mini Coach-bushalte, slegs 500 m vanaf die Seabrook Woonstelle. Buiten dit sal daar geen ekstra vervoer benodig word tydens jou verblyf nie aangesien alle winkels, banke, besighede, restaurante en vermaak binne maklike loopafstand van die woonstel af is.

Slaapplek

’n Bespreking by Seabrook 402 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Geriewe

  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir Seabrook 402
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • H/v William O'Connor-rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seabrook 402 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 7)
Vanaf R950
per nag (plek vir 7)
Vanaf R950
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v William O'Connor-rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXHxrk6flYtnVX3PxmLP2mdMuozDtUKCvg5z8qYgHUHLyCpUTsv?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 7) 1 5 1 5 Corner of William O’Connor Drive and Panorama Parade Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.863564565587 30.370408350764
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za