SeaXplore Lodge and Dive Center
- Kapasiteit: 18 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Qondwane-area, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R660 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
SeaXplore Lodge and Dive Center is in Sodwanabaai en is deel van 'n wêreld-erfenisgebied bekend vir sy mooi natuurskoon, die Groot 5 en uitsonderlike duik-geleenthede. Dit is naby die strand en 50 km van die naaste Groot 5-natuurreservaat af.
Die lodge het kamers met lugversorging, groot erwe, 'n privaat swembad en DStv-premium.
Verblyf is beskikbaar in die hoofhuis met 5 slaapkamers en 4 badkamers waarvan 2 en suite-badkamers is. Daar is ook 'n groot oopplan-leefarea, -eetarea en -kombuis wat gedeel word.
'n Gastewoonstel is ook beskikbaar op die perseel en het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n aparte gastetoilet en 'n groot oopplan-leefarea, -eetarea en kombuis.
In elke eenheid word handdoeke, eetgerei, breekware, kookgerei, 'n mikrogolfoond, stoof, yskas en 'n ketel voorsien.
Wasgoedgeriewe, spyseniering en kinderoppassers is ook beskikbaar teen 'n ekstra fooi.
SeaXplore Lodge and Dive Center bied verblyf asook persoonlike skuba-, duik- en wild-ondervindinge aan. Sodwanabaai is 1 van die wêreld se top 10 duik-bestemmings en bied ook ander doendinge soos voël- en walviskyk, diepseehengel, vierwielmotorfietsroetes, skilpad-toere, wildritte, snorkel, mikrovliegtuig-vlugte en bootvaarte aan.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Qondwane-area, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sodwanabaai Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 18 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Qondwane-area, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom