Bela-Bela Akkommodasie by Shala Mushe Tented Lodge @ Camp | LekkeSlaap
+109

Shala Mushe Tented Lodge @ Camp

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 68 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Shala Mushe, Deel 34, Droogekloof Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R291 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Shala Mushe Tented Lodge @ Camp is in Bela-Bela geleë en bied gehalte-verblyf vir natuurliefhebbers wat vir 'n naweek wil wegbreek. Die tent-lodge bied fantastiese uitsigte oor die Springbokvlaktes en gaste kan heerlik ontspan in die rustige die bos.

Verblyf word in 5 luukse safari-tente met 2 enkelbeddens en 1 luukse safari-tent met 'n dubbelbed en sy eie Jacuzzi aangebied. Elke tent het sy eie privaat ablusiegeriewe met 'n toilet en 'n stort.

Elke tent het ook toegang tot die gemeenskaplike kombuistent en sitarea met selfsorggeriewe en sitplek waar gaste hulle maaltye kan geniet. Daar is buitestorte en gemeenskaplike ablusiegeriewe.

Daar is ook 2 dubbel-chalets met slaapplek vir 4 gaste per chalet, 'n slaapsaal met slaapplek vir 18 gaste, 4 kampeerplekke en 3 boskampeerplekke.

Die kampeerplekke deel ablusiegeriewe en 'n gemeenskaplike kombuis.

Gaste kan ook van die boma en braai-area gebruik maak en saans om die vuur kuier.

Daar is 'n rits wildspesies in die omgewing. Die lodge is net 26 km van Bela-Bela en sy gewilde warmwaterbronne af. Daar is ook besienswaardighede, soos 'n leeuplaas, jagluiperds en ander roofdiere in die omgewing. Gaste kan ook die Adventures with Elephants besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 8 resensies vir Shala Mushe Tented Lodge @ Camp
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Shala Mushe, Deel 34, Droogekloof Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Shala Mushe Tented Lodge @ Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R291
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R291
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 68 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Shala Mushe, Deel 34, Droogekloof Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa2mT1cpCwDKXqagJVlP4ERN5V1GUCCpgh4cjusql6ozYkvRG9U?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R291  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 Shala Mushe Portion 34, Droogekloof Farm 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -24.852160138487 28.117453653356
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za