Shala Mushe Tented Lodge @ Camp
- Kapasiteit: 62 mense
-
Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Shala Mushe, Deel 34, Droogekloof Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R270 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Shala Mushe Tented Lodge & Camp is in Bela-Bela geleë en bied gehalte-verblyf vir natuurliefhebbers wat vir 'n naweek wil wegbreek. Die tent-lodge bied fantastiese uitsigte oor die Springbokvlaktes en gaste kan heerlik ontspan in die rustige die bos.
Verblyf word in 6 luukse safari-tente met 2 enkelbeddens elk en 1 luukse safari-tent met 'n dubbelbed en sy eie Jacuzzi aangebied. Elke tent het sy eie privaat ablusiegeriewe met 'n toilet en 'n stort.
Elke tent het ook toegang tot die gemeenskaplike kombuistent en sitarea met selfsorggeriewe en sitplek waar gaste hulle maaltye kan geniet. Daar is buitestorte en gemeenskaplike ablusiegeriewe.
Daar is ook 2 dubbel-chalets, elkeen met slaapplek vir 4 gaste op 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Daar is ook 4 kampeerplekke wat ablusiegeriewe en 'n gemeenskaplike kombuis deel.
Gaste kan ook van die boma en braai-area gebruik maak en saans om die vuur kuier.
Daar is 'n rits wildspesies in die omgewing. Die lodge is net 26 km van Bela-Bela en sy gewilde warmwaterbronne af. Daar is ook besienswaardighede, soos 'n leeuplaas, jagluiperds en ander roofdiere in die omgewing. Gaste kan ook die Adventures with Elephants besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Megan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Shala Mushe, Deel 34, Droogekloof Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Shala Mushe Tented Lodge @ Camp het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 62 mense
-
Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Shala Mushe, Deel 34, Droogekloof Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom