Waterval Boven Akkommodasie by Shamrock Arms Gaste Lodge | LekkeSlaap
+34

Shamrock Arms Gaste Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Derde Laan 69, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 390 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

By Shamrock Arms Guest Lodge sal gaste hartlik verwelkom word, en goeie waarde vir geld, 'n rustige atmosfeer en heilsame kos ontvang.

Shamrock Arms was in 2010 een van die finaliste in die 2010 Suid-Afrikaanse Toeristeraad se "Welcome Awards" en daarom word dié gaste-lodge as die room onder die toerisme-industrie se oes beskou. Gaste kan maar weet dat Shamrock altyd gasvry, professioneel, en passievol oor gehalte-dienslewering is.

Die lodge is in die prentjiemooi Waterval Boven in Mpumalanga geleë. Dis outentiek Victoriaans en gerieflik modern en dateer uit 1894.

Die lodge is slegs twee en 'n half uur se ry buite JHB wat dit perfek maak vir sakereisigers of vakansiegangers onderweg na die Krugerwildtuin, Mosambiek of Swaziland.

Shamrock Arms is ook die perfekte basis vanwaar gaste baie interessante plekke en besienswaardighede in Mpumalanga kan verken. Jou gasheer, Terry, is 'n gekwalifiseerde toergids en sal raad kan gee oor enige uitstappie wat jy beplan.

Die lodge se kamers is elkeen uitstekend ingerig en spog elkeen met 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is DStv met 'n dekodeerder, lugversorging (warm en koud), elektriese komberse (opsioneel in die winter), eerlikheidskroeg, tee en koffie en 'n elektriese kluis. Daar is koninggrootte-, koningingrootte- of enkelbeddens beskikbaar asook gratis WiFi.

'n Heilsame, tuisgekookte maaltyd is op versoek beskikbaar, en jy kan ontspan in ons knus kroeg waar jy talle Suid-Afrikaanse wyne kan geniet.

'n Opregte en vriendelike verwelkoming wag op jou by Shamrock Arms.

Terry, Cheryl, Jaco & Sue.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 26 resensies vir Shamrock Arms Gaste Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Derde Laan 69, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Gaste dink Shamrock Arms Gaste Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 390
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 390
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Derde Laan 69, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA2ODhiYjhhLWE0ZGYtNDhkMC04MDdkLWQzMmM0NjYyNmRjZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 390  per nag (vir 2 persone) 26 5 1 5 68 3rd Avenue Waterval Boven 1195 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-21:00 11:00 -25.642996546149 30.330762863159
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za