Shamwari Sarili

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shamwari Sarili bied verblyf wat alles insluit in die Shamwari Privaat Wildreservaat. Die reservaat in die Oos-Kaap is die tuiste van Afrika se Groot 5 en dis 'n malaria-vrye omgewing.

Verblyf by Shamwari Sarili beskik oor 5 grasdaksuites met slaapplek vir 2 gaste elk. Elke suite het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met ondervloerse verhitting, 'n bad en 'n stort. Daar is ook lugversorging, 'n elektriese kluis, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n haardroër en ander geriewe in die kamer.

Ontbyt en ander maaltye is ingesluit en word in die hoofeetarea of op die dek buite wat oor die Boesmansrivier kyk bedien. Die lodge het ook WiFi, 'n ontspanningsarea, spa-behandelings, 'n dek met 'n swembad, kroeg met voorraad, boetiekgeskenkwinkel en 'n kindersentrum met aktiwiteite.

Twee wildritte waartydens die wildbewaarder waardevolle inligting oor die fauna en flaura gaan deel word ingesluit by die tarief.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Drankies ingesluit
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shamwari Sarili gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R14 340 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false